HaS se Goue Hande Kersete

HaS se Goue Hande Kersete

Gansbaai Courant



Die immergewilde NG-Kerkkoor wat luisterrykheid aan Gansbaai Goue Hande se Kersfunksie aan Herberg-aan-See verleen het


‘n Deel van Gansbaai se Goue Hande wat deur Suster Linda Meyer (links) bedank word vir hulle onbaatsugtige werk regdeur die jaar

Dit was weer tyd vir ‘n gesellige Kersfunksie deur die Gansbaai Goue Hande aan die inwoners van Herberg-aan-See (HaS). In haar bedankingsrede het Suster Linda Meyer na die Goue Hande as “Goue Hande, Goue Harte en Goue Alles” verwys. Hierdie besonderse groep dames onder leiding van Francia van Dyk lewer reg deur elke jaar buitengewone en gewaardeerde dienste aan HaS. “Hulle liefdadigheidswerk draai nie net om etes nie, dit sluit ook fondsinsamelings-projekte, hare doen, voet- en naelversorging, sport, terapetiese speletjies, oefeninge en veel meer in,” het Linda gesê.

‘n Gesellige atmosfeer met die aansit by versierde tafels

“En hulle staan altyd gereed en is altyd daar!” Marlene Verster het die inwoners se aandag vasgevang met haar “Toeka-se-dae” storietjies en daar is heerlik saamgelag oor die verhaaltjies. Die personeel van die onderskeie afdelings in die Tehuis is ook spesiaal deur Linda vir hul getroue arbeid bedank en aan almal voorgestel. Die gewilde NG-Kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner, met begeleiding deur Annelene Reinke, se koorsang is terdeë deur die inwoners geniet. Met die sing van Stille Nag, Heilige Nag het Aletta verdere harmonie aan die lied met haar pragtige diskant-sang as sopraan verleen. Na die afhandeling van formaliteite, het net een saak oorgebly: die uitdeel van geskenkpakkies deur Gansbaai Goue Hande en die geniet van smaaklik verversings, lekkernye en gesellige saamkuier.

Hardus Botha

Tyd vir die uitdeel van Kersgeskenkies en lekkernye

HaS se Goue Hande Kersete

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant