Gansbaai Krieket

Gansbaai Krieket

Gansbaai Courant

Corrie Avenant op pad na sy 100-tal.

Gansbaai Krieketklub het hulle 40 overs Sondagliga 2013 op 'n hoë noot afgesluit deur Caledon Krieketklub met 61 lopies te klop. Gansbaai Krieketklub het eerste gekolf en danksy 'n briljante kapteinsbeurt van Corrie Avenant wat die eerste honderdtal deur 'n Gansbaai speler op sy tuisveld aangeteken het, 103(8x4)(4x6).

Hy was goed bygestaan deur Anton Kriel 24 (2x4) en Christiaan Klotz 30 (1x4)(1x6). Gansbaai het 'n goeie telling van 230/8 in 40 boulbeurte aangeteken.

Caledon se beste boulers was D Douwrie (5-1-13-3) en JH de Kock (5-0-32-2).

Caledon het toe gaan kolf. Hulle het gesukkel teen die goeie en  akkurate boulwerk van D Kriel (4-3-7-2), A Hage (6-1-15-0), L Davids (7-3-14-0), P Janse van Rensburg (7-2-15-0) en C Klotz (4-0-26-3). Caledon Krieketklub kon uiteindelik  169/9 in 40 boulbeurte aanteken. K Botha 33(3x4) en J Hendricks 35 nun (5x4)(1x6) was Caledon se beste kolwers.

Laastens wil die klub net vir A Hage, H Vermeulen, T Otto en J Havenga voorspoed & sterkte toewens met hulle optrede as skeidsregters  tydens die Hermanus Krieketklub se Six-a-Side, eerskomende Saterdag die 21ste Desember op Hermanus.

Sportiewe groete,

Heinrich Vermeulen, 082 715 3179

Gansbaai Krieket

Heinrich Vermeulen

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant