Verbypad Goeie Nuus

Verbypad Goeie Nuus

Gansbaai Courant

Die pyl dui die verbypad agter Franskraal en Kleinbaai op die lugfoto aan.

Die nuus dat die grondpad, wat Rossouwstraat in Franskraal met die teerpad tussen Gansbaai en Kleinbaai verbind, geteer gaan word, is met groot blydskap ontvang.

Soos op die lugfoto gesien kan word sal dié verbypad, met aansluitings by Franskraal en ook by Klipfonteynafdraai, 'n besparing in afstand asook reistyd dorp toe tot gevolg hê. Die Departement van Publieke Werke en Vervoer: Wes-Kaap het pas goedkeuring verleen dat die projek kan voortgaan. Die projek sal teen 'n koste van ±R14m deur die paaie afdeling van die Overberg Distriksmunisipaliteit (wat as agent van die Departement optree ten opsigte van die instandhouding van paaie in die Overberg gebied) behartig word. Voorbereidingswerk aan die padreserwe/padskouers sou reeds in die eerste helfte van November 2013 'n aanvang geneem het maar swaar reën het dit verhoed.

"Na verwagting sal daar egter nie voor Maart 2014 met die opgradering van die padoppervlakte begin word nie en sal die pad eers dan vir verkeer gesluit word.  Die pad sal na verwagting vir ongeveer 10 maande gesluit wees en die opgegradeerde (teerpad) sal waarskynlik met die aanbreek van die vakansieseisoen aan die einde van November 2014 vir verkeer oopgestel word. Hierdie is 'n projek wat reeds vir meer as 'n dekade as 'n behoefte beskou word en daar word met groot waardering en afwagting gekyk na die bevrediging van die behoefte," het mnr F Myburgh, Areabestuurder, Munisipaliteit Overstrand : Gansbaai gesê.

Francois de Jongh

Verbypad Goeie Nuus

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant