Overstrand Steeds Onder Mees Produktiewe Munisipaliteite

Overstrand Steeds Onder Mees Produktiewe Munisipaliteite

Gansbaai Courant

Overstrand is steeds onder die top munisipaliteite waar inwoners op hul produktiefste kan wees, maar lê vanjaar derde na Saldanhabaai en Stellenbosch. Kaapstad is die produktiefste metropool en Gauteng die produktiefste provinsie, met die Wes-Kaap op sy hakke.

Dit is volgens die jongste Munisipale Produktiwtiteitsindeks (MPI) wat uitgereik is deur die onafhanklike firma Municipal IQ, wat in plaaslike regeringsdata en inligting spesialiseer.

Die MPI is ‘n bepaling aan die hand van finansiële en nie-finansiële data van individue se vermoë om in plaaslike ekonomieë betrokke te raak en dui op die toestande waarin inwoners moet leef, die lewenskragtigheid van die ekonomie en hoe die munisipaliteit daartoe bydra.

Die vyf faktore wat in ag geneem word, is armoedevlakke en hoe munisipaliteite dit hanteer deur byvoorbeeld deernishulp, toeganklikheid van basiese munisipale dienste, ekonomiese intelligensie oftewel infrastruktuur wat inwoners kan gebruik om aan die ekonomie deel te neem asook die samestelling van die ekonomies-aktiewe komponent in terme van vaardighede, opvoeding en indiensneming, finansiële regering en uitgawevlakke van ‘n munisipaliteit  en die vakaturekoers by ‘n munisipaliteit.

Die MPI het geen direkte verband met munisipale bevoegdheid nie, maar dui op hoe bestedingspatrone van ‘n munisipaliteit die sosio-ekonomiese konteks versterk of beïnvloed.

Volgens die besturende direkteur van Municipal IQ, Kevin Allan, verklaar die goeie prestasie van Wes-Kaapse en Gauteng-munisipaliteite waarom hulle so baie migrante trek. Dit plaas verdere druk op dié munisipaliteite en daarom is dit van kritieke belang dat munisipale bestuurders in ooreenstemming met die visie van die Nasionale Ontwikkelingsplan moet verseker dat dorpsontwikkeling so inklusief as moontlik moet wees.

Karen Heese, ‘n ekonoom van Municipal IQ, het op die kapasiteitsprobleme in plattelandse gebiede en voormalige tuislande gewys en gesê die toestande daar moet nie toegelaat word om verder te versleg nie. Verstedeliking moet teen ‘n volhoubare tempo plaasvind as stede optimaal wil bly funksioneer.

Gauteng is die provinsie met die hoogste gemiddelde MPI omdat hy deur drie metropolitaanse gebiede gerugsteun word, maar die Wes-Kaap beskik oor die beste metropool in die land en sewe van die tien beste munisipaliteite.

Kaapstad se goeie finansiële dissipline het vir hom ‘n punt van 69.1 op die MPI besorg, met Johannesburg (67 punte) tweede en eThekwini (66 punte) derde.

Saldanhabaai het 60.1 punte gekry teenoor die gemiddelde van 42.3  en Stellenbosch se 59.4 en Overstand se 59.1. Die ander munisipaliteite onder die top tien is: Mosselbaai (4de - 58), Bitou (5de – 57.8) Steve Tsete, Mpumalanga (6de -57.4), Merafong City, Gauteng (7de -56.7), Knysna (8ste – 56.6), Gamagara, Noord-Kaap (9de – 56.6) en Drakenstein (10de – 56.1)

Fanie Krige

Overstrand Steeds Onder Mees Produktiewe Munisipaliteite

Fanie Krige

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant