Rustyd vir Pelagiese Vissermanne

Rustyd vir Pelagiese Vissermanne

Gansbaai Courant

Skipper Ockie Viljoen van Silver Snapper en sy span is hier besig met die “finale rusproses” wat aangebreek het tydens die “boet” van nette om dit vir 2014 gereed te kry

Teen die einde van elke jaar is die gewerskaf in Gansbaai hawe interessante verwikkelinge om dop te hou. Plek-plek kom vissermanne in hul onderskeie groepe (bote) bymekaar om die nette te herstel (“te boet”). Dan word alles netjies reggemaak - gereed vir 2014 se vangstes. “Vanjaar was daar minder werk aan die nette in vergeleke met verlede jaar wat moontlik aan die minder vangstes toegeskryf kan word,” het Ockie Viljoen, Skipper van Silver Snapper, gesê. Die Gansbaai Pelagiese Vloot, met vissermanne as aandeelhouers, is weer ‘n aandeelhouer in Gansbaai Marine. Tans sien die vloot met Gansbaai Pelagiese Vissersbote soos volg daaruit (maatskappy in hakkies): Vleigans (Arno Louis Vissery) - Skipper Louis Groenewald, Stuurman Johan Germishuys, Drywer Steve Cloete; Berggans (Berggans Vissery) - Skipper Benito Groenewald, Stuurman Oubaas Lesch, Drywer Carl Lourens; Edelweiss (Germishuys & Groenewald BK) - Skipper Mike Germishuys, Stuurman JP Germishuys, Drywer Vakant; Kolgans (Kolgans Vissery) - Skipper Piet Otto, Stuurman Johan Vermeulen, Drywer Boetie Rock; Runtu (Wildegans Vissery) - Skipper Ian Wessels, Stuurman Handrie Lourens, Drywer Eben Lourens; Merlene (Riviergans Vissery) - Skipper Pieter Groenewald, Stuurman Boetie Wessels, Drywer Boetman van der Radt; Bella Prima (Fourie & Eksteen Pelagies BK) - Skipper DP Fourie, Stuurman Stollie Fourie, Drywer Hennie Groenewald; Silver Snapper (Sneeugans Vissery) - Skipper Ockie Viljoen, Stuurman Piet Viljoen, Drywer Kaif Europa.

Die laaste vis vir 2013 is op Maandag, 25 November 2013 gelewer, met die nuwe seisoen wat weer op ±20 Januarie 2014 sal begin. Dit is ook jaarliks die gebruik om ‘n Vissermans Interkerklike Dankseggingsdiens in die hawe te reël, wat vanjaar op 8 Desember plaasgevind het. Vroeg volgende jaar word daar weer ‘n Vissermans Verootmoedigingsdiens in die hawe gereël met die oog op die vissermanne se werksaamhede in 2014.

Hardus Botha

Drie van die Pelagiese Vissersbote “rustend” vir die Kersseisoen, nadat hulle in die droë dokke was om gediens en “splinternuut” oorgeverf te word

 

Rustyd vir Pelagiese Vissermanne

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant