Gian Groen stel nuwe album vry Dekade se Ballades

Gian Groen stel nuwe album vry  Dekade se Ballades

Gansbaai Courant

Gian Groen word geken as een van die land se top digterlike liedjieskrywers. Hy is meestal bekend vir sy liedjie 'Vier Seisoene Kind' wat ook deur verskeie bekende sangers opgeneem is. Gian  se nuwe vollengte-album, ‘Dekade se Ballades’ is in November 2013 uitgereik.

Die album bestaan uit 16 snitte en is n samevatting van Gian se beste werke, asook n paar splinternuwe liedjies wat almal vars opgeneem is by VH Recording Studio en verwerk is deur Wouter van de Venter wat ook die elektriese kitaar speler op die album is. Alle musiek en lirieke is deur Gian geskryf en hy speel ook die akoestiese kitare op die album. Die ongelooflike groep musikante wat saam aan die album gewerk het is Logan Scott (Baskitaar), Jeremy Schultze (Dromme), John Mitchell (Klavier & Orrel), Rayelle Goodman (Strykers), Robert Jeffery (Cello) & Herman Kleinhans (Agtergrond stem snit 1 & 8).

Met ballades soos Stiltetyd, Alles Sal Okay Wees, Cheap Glasie Wyn, Gita Blom  & Vier Seisoene Kind, asook lekker kuier liedjies soos Tiger & Louise, 0 TOT ‘n 100 en Binneland In, is hierdie beslis n versamelaars item vir oud en jonk.

Dekade se Ballades word uitgegee deur sy platemaatskappy VH Music & Publishing  en die album word deur Next Music versprei en sal landwyd en op iTunes beskikbaar wees.

Die musiekvideo van die eerste enkel snit Piet My Vrou sal binnekort te sien wees.
Die eerste 3 persone wat Maandag, 30 Desember vir Gansbaai Courant met die regte antwoord skakel ontvang elk Groen se nuwe album.

Die vraag is: "Wat is die eerste snit op die CD waarvan binnekort 'n musiekvideo gemaak gaan word."

Gian Groen stel nuwe album vry  Dekade se Ballades

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant