Pluto is vakansie gereed

Pluto is vakansie gereed

Gansbaai Courant

Gansbaai se honde-celeb, Pluto, is vakansie-gereed. Donkerbril op, veiligheidsgordel vasgegordel en nou moet sy eienaar, Leon Odendaal van Perlemoenbaai wikkel - daar is nog baie om te besigtig.

“Dit mag moeilik klink om te glo, maar Pluto dra ‘n getoetste donkerbril op voorskrif van sy veearts, aangesien die wind nadelig vir sy oë kan wees,” vertel Leon. Hy sê hy het heelwat op internet gesoek en wel afgekom op artikels dat honde se oë ook getoets kan word, en toe koop hy vir Pluto sy getoetste donkerbril. Pluto is van Blompark afkomstig waar Pieter Prins se wit herdershond aan 8 kleintjies geboorte geskenk het. Hy was hoogsbenoud, maar Leon het van die petalje gehoor en aangebied om die kleintjies teen R50 elk te verkoop. Hy het 6 verkoop en twee vir homself gekoop - Pluto en Rambo. Pieter het spontaan aangebied dat die geld wat ontvang is, aan BARC oorbetaal moet word vir die goeie werk wat hulle doen. Intussen het Pluto se status in die Duinebesie tot groot hoogtes gestyg en lyk hy behoorlik soos ‘n vakasieganger in Gansbaai.     
                     
Hardus Botha

Pluto is vakansie gereed

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant