Sertifikate vir Tuisversorgers

Sertifikate vir Tuisversorgers

Gansbaai Courant

Die trotse Tuisversorgers, met vlnr Denise Ruiters, Alecia Beukman, Daniella May, Melicia de Waal (Gansbaaier), Vannessa Kleinsmith, Jamie-Lee Bekker, Leana Fritz, Selréze Tobias, Utumeleng Moorobi en Sonia Lategan. Voor sit suster Iréne de Waal.

Vanjaar se Tuisversorgingsstudente van Carpe Diem Opleiding Sentrum in Caledon, onder die leiding van Suster Iréne de Waal, spog met suksesverhale en is onlangs met sertifikate beloon. “Die sentrum lei werkloses op en tydens hul opleiding word daar spesifiek onder andere aandag aan die versorging van veral bejaardes met dimensie en altzheimer gegee,” vertel Suster de Waal. Sy sê hierdie Tuisversorgers is in staat om katetersorg, buisvoeding en volledige bedsorg aan pasiënte te verskaf.

Vanjaar se tienstuks is Melicia de Waal (‘n Gansbaaier), Denise Ruiters, Alecia Beukman, Daniella May, Vannessa Kleinsmith, Jamie-Lee Bekker, Leana Fritz, Selréze Tobias, Utumeleng Moorobi en Sonia Lategan. “Hierdie studente wat pas hul kursus voltooi het, is nou beskikbaar vir inwoning, om huishoudings te hanteer en om ‘n verswakte bejaarde na behore te versorg.” Tydens die sertifikaatplegtigheid het dr C Wade as gasspreker opgetree en het uit sy persoonlike ervaringe vertel van watter taak daar op die tuisversorgers wag en hoe onmisbaar hulle in die gemeenskap is. “Ek rig graag weer eens ‘n waarskuwing aan senior burgers om altyd eers ‘n verwysing van tuisversorgers te kry alvorens iemand aangestel word,” sê Suster de Waal.

Sy is reeeds sowat 18 jaar by opleiding en werkskepping in die Wes-Kaap betrokke en sy kan vir advies rakende pligte, besoldiging en werksure van Tuisversorgers by 028-212-1138 of 071-125-4704 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by carpe-diem@vodamail.co.za.  

Sertifikate vir Tuisversorgers

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant