Kayakers beseer

Kayakers beseer

Gansbaai Courant

Overstrand Medical Response was vinnig op die toneel om na die pasiënte om te sien.

Twee kayakroeiers het by Kleinbaai in die moeilikheid beland toe hul kayak omgeslaan het.
Volgens Koos de Kock, NSRI verteenwoordiger in Gansbaai, het hy vir Wouter (20) en Realeen Nel (15) dopgehou nadat hulle naby Kleinbaai Hawe uitgegaan het. Hulle het om Black Sophie geroei en die kayak het in die rowwe water omgedop. Hulle het dit weer teruggedop en verder geroei net om weer om te slaan. "'n Groot brander het toe die kayak sonder die insittendes oor die rotse geslaan. Die twee roeiers het toe om die rotse geswem en Realeen is weer op die kayak opgehelp. Ek het deur die verkyker bloed op albei gesien en ook dat Wouter besig was om suksesvol die kayak na die vlakwater te sleep. Daar het ek hulle gehelp en Overstrand Medical Response (OMR) was gou op die toneel," het de Kock gesê. "Altwee pasiënte het verskeie skaaf– en snywonde opgedoen, terwyl Wouter se sleutelbeen ook gebreek is," het Riaan Buys van OMR gesê.  Volgens de Kock het hulle nie reddingsbaadjies, soos deur die regulasies vereis, gedra nie.                                                         
Francois de Jongh

 

Kayakers beseer

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant