Karavaanparke floreer

Karavaanparke floreer

Gansbaai Courant

Gansbaai Karavaanpark, met Charlie Nouwers se self-geskepte staanplek, De Kat, in die voorgrond

 “Kampeerders het reeds vanaf die 14de Desember begin aankom, maar ons besige tyd het op 20 Desember begin,” vertel Charlie Nouwers, Bestuurder van Gansbaai Karavaanpark. Sy eggenote, Liz, is sy regterhand met die administrasie en sy sê soos op 20 Desember was daar sowat 37 kampeerders in die kamp. “Daar is 54 staanplekke, maar 5 is onbruikbaar ná die onlangse oorstromings,” sê Liz. Sy sê daar is nog sowat 19 besprekings wat moet inkom. Die egpaar is vanjaar baie meer tevrede met die sekuriteitsreëlings en tot op datum was nog geen voorvalle van inbrake of ander probleme nie.

Charlie vertel dat hy op eie houtjie ‘n nuwe staanplek (die 55ste een) geskep het. Hy noem dié staanplek “De Kat” - vernoem na mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, vir al sy hulp en ondersteuning ná die oorstromings. Tot en Isabel Fourie van Strandskloofpark vertel met dankbaarheid dat hulle karavaanpark met sy 62 staanplekke weer stampvol is. Johan Botha, Bestuurder van Uilenkraalsmond Vakansie Oord, sê dié oord is ook stampvol en daar is nie plek vir ‘n muis nie. Die oord het 110 karavaanstaanplekke en 40 houthuisies en dit wemel van die vakansiegangers en kampeerders.

Hardus Botha

Die skamerige Neretia Fabricius van Swellendam het vrede met die stampvol Uilenkraalsmond Vakansie Oord, “dis net lekker hier, oom!”

Karavaanparke floreer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant