Eddie se Feesliedjie

Eddie se Feesliedjie

Gansbaai Courant

Bekende Eddie Barnard het op versoek ‘n spesiale Feesliedjie vir vanjaar se Fees van die Ganse geskryf - en dit ook tydens die Feesdag gesing. Eddie is alom bekend agter sy klawerbord en sangstem tydens Feesgeleenthede, Vrydae se Woekermark en ander geleenthede. Hy het ook reeds twee CD’s, Perlemoen (2009) en Overberg se Suzuki's (2012) die lig laat sien. In 2010 het hy ‘n uiters ernstige siekbed vir etlike weke beleef met die opdoen van die virus Guillian Barrè, ook bekend as die GB sindroom of Geduldsiekte. Onlangs, kort voor die Fees van die Ganse, het Eddie weer ‘n terugslag gehad met etlike maagseertjies, ‘n aneurisme in ‘n aar en twee “stents” wat ingeplant is. Ondanks hierdie onverwagse terugslag, het hy voluit tydens die Fees opgetree en ook sy Feesliedjie gesing.

Hardus Botha
 
Eddie Barnard op sy pos agter sy klawerbord

Fees van die Ganse

Die Fees van die Ganse is Gansbaai se Fees,
die eende in die hawe was almal daar gewees.
Malgas en die meeue het liedjies gesing,
en die ander diere het eetgoed gebring.

Die krappe en die krewe het almal kom kyk,
hoe die Ganse se Fees in die ou hawe lyk.
Dolfyne en die robbe het op golwe gery,
die seevoëls het gelag tot hul hoendervleis kry.

Ja, die Fees van die Ganse is Gansbaai se Fees,
die eende in die hawe was almal daar gewees.
Die haaie en oom walvis het almal vermaak,
met toertjies in die water na almal se smaak.

Kabeljou en geelbek het uit die see geloer,
toe die wyfie ganse dans en hul vet boude roer.
See anemoon het sy kleur kom wys,
pikkewyn het gesê hy vat eerste prys.

Oom Hardus Haai se kamera het foto’s geneem,
die ganse het ge-“pose”, party net op een been.
Oupa Uil, daar op die dak het hy gesit en lees,
oor hoe was die Ganse se Fees vanjaar gewees.

Eddie Barnard

Eddie se Feesliedjie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant