Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die wynmakers tydens hulle jaarlikse gholfdag, met die bestuurslede voor 2de van links Danie Marais, Ola Olivier en Altus le Roux saam met die res van die groot span by hulle.
Dit was vanjaar die 9de keer wat die groot groep wynmakers wat Gansbaai jaarliks besoek, hulle gholfdag gehou het. Dit is lankal reeds ‘n instelling dat almal van hulle wat vakansiehuise hier het, ‘n groot gholfdag kort voor Kersdag vir hulself reël. Of die wynmakers so goed kan gholf speel soos wat hulle ongetwyfeld uitstekende wyn kan maak, bly jaarliks ‘n ope vraag, maar van hulle is welliswaar knap op die gholfbaan ook.
Die bestuurslede wat hierdie spesiale dag jaarliks reël, is Danie Marais, Ola Olivier en Altus le Roux. Vanjaar se trotse wenners is Wilhelm de Vries (Koelenhof Wynkelder), Smartie Genade (oud-direkteur: Distell), Bernard le Roux (Zorgvliet Wynkelder) en George Smit (Wintrust en ook borg). Vanjaar se borge wat bedank word is (alfabeties): Coastale Wines, DGB, Distell, Gansbaai Superspar, Gerrit Human (Bacchys), Invusa, JCR du Toit Vervoer, Juvenal, Ritter Valves, Vinco, Vino-Chem en Wintrust.
Volgende jaar kan uitgesien word na die wynmakers se 10 jaar van gholf in Gansbaai ná ‘n lang jaar van wynmaak. Dan breek die knap manne weg na Gansbaai om te kom ontspan, vakansie te hou en ook om hul staal op die gholfbaan te kom wys, met natuurlik ‘n gesellige ete direk daarna.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...