7kg Kabeljou op Huisbesoek gevang

7kg Kabeljou op Huisbesoek gevang

Gansbaai Courant

Ds Dirk van Dyk met sy 7kg kabeljou wat tydens (op) Huisbesoek gevang is

Vele is al oor ds Dirk van Dyk se “Huisbesoek” gepraat. Hierdie keer het hy bewys dat huisbesoek lonend kan wees. “Weet julle dalk waar is ds van Dyk vandag?”, dan kom die eerlike antwoord: “Hy is op huisbesoek!” Maar dit is huisbesoek van ‘n ander aard - dit is sy 3 meter roeiboot (sonder ‘n enjin) met die naam “Huisbesoek” waarna verwys word!

Dirk is ‘n man wat beslis nie sy werklike huisbesoek en/of werk in die NG-gemeente afskeep nie, maar wanneer hy ‘n kansie kry, is dit “Huisbesoek”, sy Land Rover en die see. So was dit weer so kort voor Kersfees wat Dirk en sy seun, Ferdie op “Huisbesoek” in Boetiesbaai was.

“Dit was laag-laag water en ons moes Huisbesoek sowat 200m ver dra om in die see te kon kom,” vertel Dirk. Goeie vangstes (wettiglik!) was aan die orde van die dag: 9 kabeljoue en ‘n geelbek. Mens is net nie seker of daar vir al die vis én die twee manne genoeg plek op “Huisbesoek” was nie. Die twee manne het sardyn as aas gebruik en is nie bietjie trots op hulself nie.

So teen 18:00 het Dirk se groot oomblik aangebreek: ‘n allemintige 7kg kabeljou. “Die kabeljou het ons letterlik rondgesleep voordat hy in Huisbesoek beland het,” vertel Dirk. “Wie is dit wat sê kabeloue kan nie in laagwater gevang word nie en wie is dit wat sê dat huisbesoek nie ook lonend kan wees nie?!”    

Hardus Botha

7kg Kabeljou op Huisbesoek gevang

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant