Staat sink Lynvissers

Staat sink Lynvissers

Gansbaai Courant

Hierdie siening was die eerste reaksie op die aankondiging rakende die opskorting van honderde visvangregte op 31 Desember 2013 deur die waarnemende Direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Seevisserye, mnr Desmond Stevens. Dit is ook beskryf as ‘n “visgraat in die keel van vissermanne” en het vissermanne landswyd verstom, kwaad en verward gelaat. Intussen is die spanning met ‘n interim oplossing, waarop ooreengekom is, tot ‘n mate verlig. 

Mnr Ockie Viljoen, voorsitter van die Overstrand Lynvisvereniging

Van die 1,566 aansoeke (waarvan bykans 400 ten opsigte van bestaande regtehouers is) wat ingedien is, is visvangregte aan slegs 215 persone toegeken.

Hiervan is slegs 115 hernuwings van bestaande regte, terwyl die ander 100 vir nuwe toetreders bedoel is.

“In ‘n dorpie soos Gansbaai was daar teen 31 Desember 2013 19 aktiewe skippers wat oor langtermynregte beskik het, met slegs 5 van hierdie visvangregte wat hernu is en ‘n verdere 7 nuwe aansoeke wat toegeken is,” het mnr Philip Fourie, Lynvissers Wyksverteenwoordiger van Gansbaai gesê.

“So ver vasgestel kon word, is slegs 1 van hierdie 7 ‘n lid van die erkende Overstrand Lyn-visvereniging.

Hierdie drastiese inkorting beteken dat 14 Gansbaai skippers met bote met gemiddeld 6 bemanningslede nou sonder werk is, wat 84 gesinne in Gansbaai raak.”

Mnr Fourie en die voorsitter van die Overstrand Lynvisvereniging, mnr Ockie Viljoen, het verskeie vergaderings, wat deur mnr Wally Croome, Nasionale Voorsitter van die SA Kommersiële Lynvisvereniging belê is, bygewoon.

Vissermanne van oor die hele Overstrandgebied het hulle vergesel. Tydens genoemde vergaderings is die voorsitters van die onderskeie verenigings afgevaardig om samesprekings met die Departement Seevisserye te voer.

“Hierdie vergadering met Seevisserye se amptenare, wat positief verloop het, het op Dinsdag, 7 Januarie 2014 plaasgevind, met tydelike vergunning oor visvangregte,” het mnr Viljoen gesê.

Hy verwys na die volgende besluite wat as interim oplossing vir die krisis geneem is:

(1) Alle skippers wat oor visvangregte tot Desember 2013 beskik het en wie se regte nou opgeskort is, sal binne dae die geleentheid kry om ‘n Aansoek om Vrystelling by Seevisserye in te dien. Hierdie aansoek sal aan bepaalde kriteria gemeet word.

(2) Seevisserye sal intussen (hopelik binne 1 week) skriftelik aan alle persone wie se regte opgeskort is, redes (die sogenaamde ‘scoresheet’) verskaf waarom die aansoek onsuksesvol was.

(3) Ná ontvangs van die skriftelike redes het skippers 30 dae tyd om appél aan te teken. Gedurende die appél-proses, wat etlike maande kan duur, sal vissers wat intussen die vrystellingsbriewe ontvang het, toegelaat word om aan te hou met visvang.

Deel van die kriteria genoem onder punt (1), is die bewyslewering deur lynvissers dat hulle, in Gansbaai se geval, minstens 120 dae oor die afgelope 5 jaar op see was. “Die onderskeie Verenigings wil graag mnr van Dalen van die DA, die media en die publiek bedank vir die ondersteuning wat hulle gedurende hierdie tydperk ontvang het,” het mnr Viljoen gesê. 

Hardus Botha                                       

Staat sink Lynvissers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant