Uilkraalhuis tot as en oorstroom

Uilkraalhuis tot as en oorstroom

Gansbaai Courant

Die Uilkraal-vakansiehuis van André Wessels wat tydens ‘n brand verwoes is en daarna die volgende oggend oorstroom is ná hewige reën. (Foto: Tia Nagel van Ceres)

Die Uilenkraalsmond vakansiehuis, Plot 450, van André Wessels van Caledon is op Dinsdag, 7 Januarie geheel en al in ‘n brand vernietig en die volgende dag oorstroom.
Vakansiegangers in die huis direk oorkant die afgebrande huis, Innis en Tia Nagel van Ceres, het omstreeks 10:30 op die stoep gesit en gesien hoe die gordyne in die huis begin brand. “Daarna was die huis in vlamme gehul,” het Innis gesê. “Ons het dadelik die brandweer ontbied, maar dit was duidelik dat groot skade aangerig gaan word.”
Gansbaai Brandweer, die SADP, verkeersbeamptes en Overstrand Medical Response was vinnig op die toneel, maar die vlamme het vinnig versprei en die huis kon nie gered word nie.
André sê hy het aanvanklik ‘n karavaan in Uilenkraalsmond Vakansie-oord besit, maar later die huis gekoop. Die huis was ten volle gemeubileer, maar alles is deur die brand vernietig. Die oorsaak van die brand was met die ter perse gaan van hierdie berig nog nie bekend nie.
‘n Enkele dag ná die brand op Woensdag, 8 Januarie het Uilenkraalsmond Vakansie-oord weer onder stormwater deurgeloop met huise wat oorspoel is. André se afgebrande huis was, ironies genoeg, een van die huise wat oorstroom is deur reënwater.
Hardus Botha


Die afgebrande Uilkraalhuis van André Wessels wat direk die volgende dag onder stormwater deurgeloop het  (Foto: Gerrie Moelich)

Uilkraalhuis tot as en oorstroom

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant