Weerlig tref woning

 Weerlig tref woning

Gansbaai Courant

Luan Combrink en sy geskokte moeder, Mollie Combrink kort nadat hulle woning deur ‘n weerligstraal getref is

“Ek was nog in die bed in die boonste vertrek toe dit teen ongeveer 6-uur voel asof ‘n missiel die vertrek tref en ek het instinktief die deken oor my kop geruk,” vertel ‘n geskokte Luan Combrink van Hoopstraat 16 in Gansbaai. Die TV-lugdraad wat deur ‘n weerligstraal raakgeslaan is, is reg bokant die deur na die boonste vertrek geïnstalleer. ‘n Groot gat is in die dak en plafon geruk en huishoudelike items is letterlik rondgeslinger en elektriese bedradings en muurproppe het van die hitte gesmelt, in die vertrek waar Luan oomblikke vantevore nog rustig gelê en slaap het.

Chaos is veroorsaak nadat ‘n weerligstraal ‘n TV-lugdraad bokant die boonste vertrek van ‘n woning getref het, met die gat links bo in die plafon en etlike items in die vertrek wat rondgeslinger is

Gelukkig vir Luan en sy moeder, Mollie Combrink wat in die onderste deel van die huis was, het daar nie ‘n brand ontstaan nie. Gansbaai Brandweer en Overstrand Medical Rescue was vinnig op die toneel en daar is seker gemaak niemand is beseer of dat daar nie ‘n moontlikheid van ‘n brand bestaan nie. “Ek kon die hitte op my arms voel en dank die Here dat die gebeure nie in ‘n brand ontwikkel het nie,” het ‘n geskokte Mollie gesê. Gansbaai Brandweer het gereël dat die woning se kragtoevoer afgeskakel word totdat ‘n elektrisiën die bedrading beveilig het. Mollie sê daar is heelwat antieke meubels en -items in die boonste vertrek waarvan die skade nog vasgestel moet word. “My grootste hartseer is my kat wat saam met Luan in die boonste vertrek was en weggehardloop het en ek weet nie of ek hom weer gaan sien nie,” het Mollie met trane in haar oë gesê.

Hardus Botha

 

 

 Weerlig tref woning

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant