Stroperseisoen oop

Stroperseisoen oop

Gansbaai Courant


Lede van Gansbaai se Mariene Bewaringseenheid, agter vlnr: Inspekteur Maans, Hoofinspekteur Mmereki, Inspekteur van Wyk


Voor vlnr: Senior Inspekteur Motloung, Senior Inspekteur Louw en Inspekteur Du Preez, met van die sakke gekonfiskeerde ontskulpte perlemoen.
Stropery aktiwiteite was redelik stil oor die feestydperk. Maar pas nadat die vakansieseisoen tot 'n einde gekom het, is die eerste groot besending van 2014 onderskep.
Die Mariene Bewaringseenheid van Gansbaai het Saterdagoggend 3531 ontskulpte perlemoen in 'n geslaagde optrede gekonfiskeer.
Hoof Mariene Inspekteur, Gilbert Mmereki, het Saterdagoggend inligting ontvang van 'n besending onwettige perlemoen wat vanuit Masakhane gereed gemaak word vir versending. Sondagoggend om 04:00 is daar bevestig dat die perlemoen by 'n sekere adres gereed was vir versending. Mariene inspekteurs het dadelik op die perseel toegeslaan maar kon niks kry nie.
'n Verdagte kombi het langs bosse naby die huis op die rand van Masakhane parkeer gestaan.   Die inspekteurs het egter doelbewus nie ondersoek ingestel nie en onttrek. Om 07:00 het die kombi die dorp verlaat en is afgetrek. Weer eens kon geen perlemoen gevind word nie. Die kombi het op sy rit voortgegaan en is op 'n afstand gevolg. Mmereki het gesien hoe hy sy ligte vir 'n aankomende Toyota Avante flikker. Die Avante se ligte is ook geflikker. Dit was baie verdag maar die Avante is toegelaat om ongestoord tot in Masakhane te ry. Sowat 90 minute later het die Avante verby die polisiestasie in die rigting van Stanford gery. Die voertuig is kort anderkant Grootbos se afdraai afgetrek.
Die bestuurder van Delft, Xolani Time en twee passasiers van Masakhane, Mthetheleni Bhaline en Mabhoyisana Maniwe, is gearresteer nadat 25 deurskynende plastieksakke met perlemoen op die platgeslane agterste sitplekke gevind is.
Maniwe het aangevoer dat hy net 'n ryloper was wat naby die polisiestasie 'n geleentheid gekry het. Die saak word verder ondersoek.
Francois de Jongh


Mabhoyisana Maniwe, Mthetheleni Bhaline en die bestuurder, Xolani Time.

Stroperseisoen oop

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant