Die beste Bobaas hengelaars

Die beste Bobaas hengelaars

Gansbaai Courant

Rojeanne Esterhuizen hou ‘n paar mooi hotties vas wat Saterdag vanaf haar pa se boot, Relêks, by Die Kelders gevang is.

‘n Hengelaar wat werklik sy sous werd is moet, volgens my, vereer word met ‘n meer gepaste naam as Hardebaard of ook die ou bekende, gesoute hengelaar. Ek dink so iemand kort ‘n spesiale “ere-naam”, met dieselfde status as titels gegee aan iemand buite die hengelbedryf. Dink maar aan die nou lank oorlede Hennie Wessels. Hy sou ‘n goeie voorbeeld gewees het want hy het gesag en respek van almal ontvang. En hý was die kundige met die hengel van veral galjoen.

Jy dink aan so iemand as ‘n persoon wat al redelik gevorderd in ouderdom is en sy ondervinding in die hengelwêreld wat hom toelaat om sommer uit die vuis verwysings te kan doen en op wie se raad jy sonder twyfel kan staatmaak. (’n Paar jongmanne sal wil vorentoe tree). Uit sy wysheid en ondervinding is daar vir die beginner (en baie ander ook) veel te leer. Sommiges, al het hulle ook die nodige ondervinding sal nooit die wysheid van hierdie manne in pag hê nie. Dis so half aangebore.

Hulle weet blykbaar net waar, wanneer en hoe. Jy sal nog ‘n kans vat see toe, dan is daai man nog rustig want, “nee, die wind moet eers draai, of die water se kleur is nog te dik” of volgens hom sal die vis eers teen volwater begin byt  --  maar dan moet dit eers volmaan word. Iets in dié trant. Van hierdie manne het die kuns van boothengel bemeester, ander verstaan weer die storie van kushengel. Vir ander weer, maak dit nie saak nie en hulle is ewe bedrewe in albei en ‘n meester daarin. Wat ‘n seën!! Net ‘n paar uitsoekmanne sal aan hierdie vereistes voldoen.

Steeds is daar nie baie te bespreek aangaande die hengelsituasie nie. Daar word nou vir ‘n noordwes gewag, dan is daar hoop vir geelbek. Goeie nuus is darem die enkeles wat wel by die Eiland raakgeloop is.

Daar is ook baie en bul hotties, d.w.s. as jy weet waar om te soek! Die romanne is ook skaflik, maar nie vet nie. Die somer is op ons en ons staan gereed vir aksie.

Groete, Seemeeu

Die beste Bobaas hengelaars

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant