Gansbaai Gholfnuus

Gansbaai Gholfnuus

Gansbaai Courant

Baie geluk aan die volgende persone wat almal in Januarie verjaar:

T Dry en D Rossouw (8e), D vd Merwe (10e), B Olivier (14e), J Botha en A Roos (21e), P Lombaard (23e), S Swart (25e) en J Spandiel (30e).

Tydens die fees-tydperk het baie besoekers op die baan gespeel en almal was vol lof oor die toestand van die baan en veral die setperke. Baie dankie aan Joe Cesare en span: Sid, Cobus, Pascal en Welcome. Goeie werk kêrels, ons waardeer dit baie!

Uitslae: Weens die reën op 8 Januarie het die eerste Sloegters kompetisie op Donderdag 9 Januarie plaasgevind. Gemeet aan die tellings was die manne ernstig gewees.

Jan le Roux met 42 punte het gewen, gevolg deur George Hunt (38), Piet du Toit (37), Frikkie van Eeden en Daan Victor (36) en Bobby Brandt (35). Mooi so manne!

Vrydag 10 Januarie se Hoender kompetisie is gewen deur Nico Latsky met 22 punte, gevolg deur Jacques Nell, Solly Wessels en Sextus Neethling (20), Jannie Brandt en Andre Coetzee (18). Baie geluk!

Saterdag 11 Januarie se kompetisie is gewen deur Paul Dippenaar met 45 punte, gevolg deur Andre Roos (40), John Thompson en El Matthee (38), Jan le Roux en Jacques Nell (37), Dawie Viljoen, Solly Wessels en Rob Jerrard (36) en Dawie Rossouw (35). Baie geluk.

Saterdag 18 Januarie vind die eerste geborge dag van 2014 plaas. Koos Myburgh het bevestig dat die BAKGAT BRANDEWYN PARADYSFONTEIN kompetisie weereens sal plaasvind – Baie dankie Koos. Dit is ‘n Enkel Stableford formaat – skryf vroegtydig in by die gholf klub en kom speel gerus saam, daar gaan weer eens baie goeie pryse wees!

 Jannie Brandt, Navrae: Gansbaai Gholfklub

028 384 1441    Andre of Leon

Gansbaai Gholfnuus

Jannie Brandt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant