Visvangregte

Visvangregte

Gansbaai Courant

Waters bly troebel

Waters bly steeds troebel vir Vissermanne

Ondanks vergaderings en vergunnings en beloftes van her-ondersoeke, blyk dit dat die water steeds troebel bly met verwysing na opskorting van honderde visvangregte wat op 31 Desember 2013 deur die waarnemende Direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Seevisserye, mnr Desmond Stevens, aangekondig is.

Gansbaai Courant het onder die opskrif, “Staat sink Lynvissers”, (Donderdag, 9 Januarie 2014) berig dat hierdie optrede as ‘n “visgraat in die keel van vissermanne” beskryf word. Die voorsitter van die Overstrand Lynvisvereniging, Ockie Viljoen, asook die Lynvissers Wyksverteenwoordiger van Gansbaai, Philip Fourie, het etlike vergaderings in hierdie verband bygewoon. Hierdie week is ‘n opvolg-vergadering op Dinsdag, 21 Januarie 2014 deur die Suid-Afrikaanse Kommersiële Lynvissers Vereniging belê.

Philip Fourie het die Gansbaai Courant soos volg ingelig: “Probleme rakende die kansellering van baie bestaansvissers se visvangregte is nog lank nie verby nie.

Die jongste inligting is dat daar skreiende onregte by die voltooiing van die sogenaamde “score-sheets” van vissermanne deur Minister Joemat Petterson se department plaasvind.

Tydens ‘n vergadering wat op 21 Januarie in Kaapstad gehou is, het die SA Kommersiële Lynvissers Vereniging besluit dat ‘n aansoek vir ‘n dringende interdik teen die Department van Landbou, Bosbou en Seevisserye die enigste oplossing blyk te wees om die Staat te laat besef dat voetjie-voetjie speel nie meer werk nie. Dit is duidelik dat die vissermanne wat tot dusver ‘n besondere behoudende rol in onderhandelings gespeel het, nou meer as gereed is om sake verder te voer.

Die Gansbaai Courant het reeds voorheen berig  dat tot 84 gesinne in Gansbaai deur die inkorting van die broodwinners se visvangregte geraak word. Daar word nou vertrou dat die voorgenome verdere aksies die gewenste uitwerking sal hê om normaliteit in hierdie ontstuimige tyd in vissers se lewens te bring.”

Hardus Botha

Visvangregte

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant