Academia se Slimkop by Kovsies

Academia se Slimkop by Kovsies

Gansbaai Courant

Bianca de Koning, soos Gansbaaiers haar altyd sal onthou - trofeë by die dosyne!

“Ons moes alreeds om 11:00 na die lughawe ry, wat hopeloos te vroeg was, maar Bianca was bang ons beland in swaar verkeer - ‘n opgewondenheid wat ek ten volle verstaan het,” vertel Chris van Rensburg van OK Foods Gansbaai. Chris het aangebied om Bianca lughawe toe te neem, nadat sy inderhaas en op kort kennisgewing ‘n tas of wat moes pak vir haar vlug na Bloemfontein. Bianca was 2013 se Top-presteerder van Gansbaai Academia en het aansoek gedoen vir ‘n beurs om BA Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch te gaan studeer. Terwyl alles nog hangende was en sy in spanning vir antwoorde gewag het, het die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Rektor, prof Jonathan Janse haar persoonlik met ‘n uitnodiging gekontak om met ‘n volle studiebeurs haar studies by Kovsies aan te pak.

“Dit was ‘n baie moeilike besluit om so ver weg te gaan, maar terselfdertyd het ek besef dat ‘n mens sò ‘n geleentheid net eenmaal ontvang,” het Bianca gesê. Enkele rolspelers in Gansbaai, ingesluit Gansbaai Academia se hoof, Tommy Wilson, het ook gesprekke met haar in hierdie verband gevoer. “Baie dankie aan almal wat ‘n belangstellingsrol by Bianca gespeel het. Dit is ‘n reuse geleentheid vir haar en ek glo dit is die gebeure waarvoor Gansbaai Academia gewag het - nou is dinge aan die gebeur vir die skool,” het Tommy gesê. Gansbaai Courant het reeds berig dat Bianca haar 5 onderskeidings onder baie moeilike persoonlike omstandighede behaal het, wat dit des te meer besonders maak.

“Bianca is ‘n presteerder met enorme potensiaal en hierdie potensiaal kan beslis verder by Kovsies ontgin word,” het prof Jansen tydens ‘n telefoniese gesprek gesê. Nou wag ‘n oop studie-toekoms op Bianca, met ‘n volledige beurs wat alles vir haar volle studietydperk dek: vliegkaartjies, klasgelde, verblyf en studiemateriaal. Gansbaai Courant dra graag gelukwense aan Bianca oor en wens haar alle sterkte toe op haar toekomspad.

Hardus Botha

Academia se Slimkop by Kovsies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant