112 Gr1 Skooluniforms

112 Gr1 Skooluniforms

Gansbaai Courant

Links is past Frikkie Zeelie besig om die prosedures aan helpers te verduidelik

SHARE (Sopkombuis) het op Maandag, 13 Januarie weer eens vir groot opwinding en dankbaarheid gesorg. Nie minder nie as 112 volledige skooluniforms teen ‘n enorme koste van R35,900 is gratis aan leerders wat vir die eerste keer skool toe gaan, oorhandig.

Die bedrywige toneel van ouers en voornemende leerders voor Gansbaai Pep Stores is jaarliks ‘n gesig om te aanskou. Van vroeg af is daar ‘n samedromming en past Frikkie Zeelie en sy helpers moet bontstaan om sake vlot te laat verloop. “Ons het 6 jaar gelede met hierdie inisiatief begin en met al die ondersteuning wat ons ontvang, kan ons jaarliks meer en meer skooluniforms aan leerders wat dit nodig het, verskaf,” sê past Zeelie.

“Ons wil almal hartlik bedank vir die vele donasies en wonderlike ondersteuning van hierdie noodsaaklike projek, asook alle persone wat ons met die aanpas en uitsortering van goedere vir die kinders gehelp het.

Sonder elkeen van u se hulp kan hierdie jaarlikse projek nie so suksesvol verloop nie.”
Buite die winkel is dit die ene bekommerde gesiggies met vraagtekens op die voorkoppe oor wat hulle gaan kry en óf hulle dit gaan kry.

Met die uitstapslag vertel die glimlaggende en dankbare gesiggies ‘n heel ander verhaal.        
                                    
Hardus Botha


Angstige ouers en voornemende leerders wat wag om binne gelaat te word

112 Gr1 Skooluniforms

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant