Overberg Houtwerk Ass

Overberg Houtwerk Ass

Gansbaai Courant

Is jy een van daardie persone wat twee linkerhande het, maar jy wil graag die regterhand in die huis wees? Andersins, is jy dalk ‘n vaardige vakman by wie ons iets kan leer? Dalk soek jy ‘n stokperdjie ná aftrede, of wil jy kontakte  opbou wat betref houtwerkmasjiene en ander houtverwante sake. In so ‘n geval kan jy gerus by die Overberg Houtwerk Assosiasie aansluit.

Vergaderings is elke eerste Donderdag van die maand by Progress Design in die Gansbaai Nywerheidsgebied om 18:00. Ons eerste vergadering is dus 6 Februarie 2014. Ledegeld is R120 per jaar. As jy belangstel om houtwerk te doen, besoek gerus die volgende webwerf: http://woodgears.ca/beginner/.

Die nuwe bestuur is onlangs verkies en is as volg: Voorsitter - Hennie Prinsloo 028-384-1454 of 083-414-7962l Ondervoorsitter - Roger Voigt 028-384-3845; Tesourier - Johan Schreuder 028-388-0585; Addisioneel - Martiens Fourie 028-388-0109; Media - Ben de Lange 028-384-1963 of 084-581-2801.

Elke tweede Donderdag van die maand vergader die Houtdraaiers-groep onder leiding van Hannes Ludick, 028-384-1170 te Halfkoordstraat 3, Kleinbaai. Dames is ook welkom!

Ben de Lange

Overberg Houtwerk Ass

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant