Kom Skeppergees kom waai deur my

Kom Skeppergees kom waai deur my

Gansbaai Courant

O, ons bly in ’n omgewing waar daar sóveel wonderwerke plaasvind! Neem nou maar die winde wat so baie rondom ons waai: Ons weet nie waar dit vandaan kom of waarheen dit gaan nie, tog vul dit ons lugruim met wolke vol reën. Dis genade! Geen wonder dat Jesus die Heilige Gees met ’n wind vergelyk nie. Interessant is dat dieselfde woord wat vir wind gebruik word ook vir die Heilige Gees gebruik word –(Pneuma) -  GOD wou dit só hê!

(Kom sit gou saam met Nikodemus aan die voete van Jesus en leer om die Heilige Gees dalk vir die eerste keer in jou lewe regtig te verstaan!)

Die wind waai waar hy wil. Ons sal nooit ‘n wind kan vaskeer of beperk met enige menslike struktuur nie. Die Heilige Gees werk ook in mense, soos ek en jy, soos Hy wil – ons kan Hom nie inperk of vaskeer nie. As GOD iemand se lewe wil verander sal die Heilige Gees dit regkry!

GOD alleen laat die wind waai. Die wind waai omdat GOD dit wil laat waai. Ps 135:7 sê: “Hy laat die wolke opkom oor die horison, Hy maak die weerligstrale vir die reën en bring die wind te voorskyn.” GOD alleen weet waar die winde vandaan kom – Hy beheer dit met Sy natuurwette –en só beheer GOD die werking van die Heilige Gees in ons lewens – Dis genade  op sy beste!

Ons kan die wind se geluid hoor. Luister, sê Jesus vir Nikodemus, jy kan hoor die wind waai! Dis omdat daar beweging is – die wind waai iewers heen – teen bome en geboue vas – en gaan waar GOD dit stuur! Die Heilige Gees waai teen ons harte vas – ons hoor die Woord van GOD  – en kom tot geloof  - en ons lewens verander (ons word opnuut gebore!) - omdat die Heilige Gees ons verander!

Waar die wind waai is beweging  – vernuwing! Die wind weet ons, waai skoon. Dit sal vir jou ‘n duidelike teken wees as jy kan sien (hoor) hoe jou lewe verander – jy begin verlang na GOD se wil in jou lewe. Kyk maar na die tekens – jou gedagtes en optrede word nuut!

Ja! GOD die Heilige Gees werk kragtig in elke christen– hoe en waar weet ons nie – maar dit gebeur elke dag!

Kom Skeppergees kom waai deur my

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant