Skoon oudit vir Overstrand

Skoon oudit vir Overstrand

Gansbaai Courant

Overstrand Munisipaliteit het ‘n skoon oudit vir die 2012/2013-boekjaar behaal. “Die munisipaliteit het die afgelope 6 jaar ongekwalifiseerde ouditverslae gekry, maar vanjaar het ons ‘n skoon oudit ontvang,” het Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie tydens Januarie 2014 se spesiale raadsvergadering gesê.
Inwoners kan nou weet dat die dorp se geldsake en algemene bestuur gesond is .
ʼn Ongekwalifiseerde ouditverslag beteken dat die finansiële rekords van die Munisipaliteit in orde is, maar dat daar sekere sake is wat aandag moet geniet. ʼn “Skoon Oudit” beteken dat die Ouditeur-Generaal tevrede is en dat alle wette en regulasies wat daargestel is, nagekom word.
My dank en waardering aan almal, veral die amptenare agter die skerms, vir hul harde werk en toewyding wat  ʼn "skoon administrasie", verseker. Dit wys dat Overstrand Munisipaliteit tot ‘n doeltreffende administrasie verbind is en dat daar goeie samewerking tussen politici en amptenare is. Die munisipaliteit beskik ook oor bekwame personeel.
Overstrand Munisipaliteit is een van slegs 11 munisipaliteite in die provinsie wat ‘n skoon oudit vir die 2013-boekjaar kon behaal.
• Die oudit verslag is vervat in die konsep jaarverslag vir 2012/13 wat ook by die spesiale raadsvergadering ter tafel gelê was. Die konsep jaarverslag  is beskikbaar aan die publiek vir kommentaar tot Vrydag, 28 Februarie 2014. Afskrifte is beskikbaar by die biblioteke en administratiewe kantore. Alternatiewelik kan dit afgelaai word van die munisipaliteit se webblad www.overstrand.gov.za

Skoon oudit vir Overstrand

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant