Puik werk

Puik werk

Gansbaai Courant

Die polisie het Maandag omstreeks 13:55 van 'n anonieme persoon inligting ontvang dat daar 'n besending Mandrax te Masakhane, Gansbaai, by 'n sekere adres afgelaai is. Volgens die mediabeampte, Adj Off CW le Roux, is die inligting baie vinnig opgevolg en is die perseel binne minute gevisenteer. Die verdagte het die hele tyd senuweeagtig voorgekom. Konst H Marais het 'n los stukkie plank van die muur van die hok verwyder waarop hy 'n wit plastieksak gesien en uitgehaal het. Die sak is oopgemaak en 58 stoppe Dagga en 7½ Mandrax tablette gevind. Die vrou se regte is aan haar voorgelees en sy is gearresteer met die aankoms by die plaaslike polisiestasie. Sy is deur Konst (v) A Testa  ondersoek en nog 30 Mandrax tablette en 'n groot bedrag geld is op 'n ongemaklike plek by haar gevind. Die vrou verskyn eersdaags in die Hermanus Landdroshof. Die lede word geprys vir hulle vinnige en flinke optrede.

 

Puik werk

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant