GRATIS Sterilisasie veldtog

GRATIS Sterilisasie veldtog

Gansbaai Courant

Die pragtige kwilt met diere-prentjies wat deur die Pearly Patchers Quilting Group aan BARC geskenk is

BARC se volgende gratis sterilisasie-veldtog vir honde en katte sal op 11 en 12 Februarie 2014 tussen 09:00 en 16:00 op die velde van Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde (“ABSA Spaces for Sport”) agter die kantore van Gansbaai Munisipaliteit plaasvind. Slegs eienaars met ‘n inkomste van R4,500 en minder sal daarvoor kwalifiseer en bewys van inkomste moet getoon word.

‘n Klein donasie as bydrae sal verwelkom word. Honde moet aan leibande wees en katte in hokke/mandjies. Honde vanuit die breër gemeenskap sal ook gratis gedip word. Mense met vervoerprobleme kan vir Antonie Jordaan by 083-742-3903 skakel of vir Annalie Jonker by 082-826-0631.

“Groot dankie vir kwilt!” Die Pearly Patchers Quilting Group, by name Anne, Mariana, Cheryl, Beatrice, Dianne, Carol, Marietjie, Annette, Mansie, Jenny, Ina en Margaret, het ‘n pragtige en kleurvolle kwilt van 212 x 165cm gemaak en dit aan BARC geskenk. Dit word teen R10 per lootjie uitgeloot en die trekking sal teen die einde van April deur Deon Pitzer gedoen word. Die gemeenskap se ondersteuning sal opreg waardeer word.

Lootjielyste is by die volgende plekke (met dank teenoor hulle) beskikbaar: Chicken Land, Salon Janine, Dr L Trollope (Veearts), Petshop, Fabriekswinkel, Deon Pitzer se kantore, Bon Bon, Salon Tizelle, Needles en Pins, Biblioteek, Rooi Bier en BARC se winkel. Die kwiltwerk kan by BARC se winkel, hoek van Hoof- en Korporasiestrate besigtig word. Annalie bedank graag vir Roman Bay Sea Farm (dierekos ter waarde van R1,000) en SECMA (R3,000 kontant).

“Ons BARC Winkel was en is steeds ‘n baie belangrike bron van inkomste en ‘n baie spesiale dankie aan die gemeenskap vir al die skenkings, kontantdonasies en voortdurende ondersteuning,” sê sy. “Gansbaai het mense met groot harte en dankie dat julle nie van BARC vergeet nie. Dit is juis hierdie wyse van ondersteuning wat BARC in staat stel om gratis sterilisasie-veldtogte aan te pak.

Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Antonie Jordaan (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.         

Hardus Botha

GRATIS Sterilisasie veldtog

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant