Nuwe Rachels Angels gekies by Academia

Nuwe Rachels Angels gekies by Academia

Gansbaai Courant

Mnr Spurgeon-Hadden Wilson, die Rachel’s Angels, me Leandri Havenga (mentor) en mnr T Wilson

Die vorige twee jaar was daar gereeld oor die Rachel’s Angels projek by Academia geskryf. Dit is met groot opgewondenheid dat die tweede groep bekend gemaak is. Vrydag 24 Januarie het die mentor, Spurgeon-Haddon Willson die leerders kom ontmoet en die eerste werkswinkel is aangebied. Die Rachel’s Angels is ‘n program wat ontwikkel is om leerders wat uitstaan in akademie te mentor deur die Universiteit van Stellenbosch.

Mnr Spurgeon-Hadden Wilson het in breë trekke verduidelik wat dit behels om ‘n Angel te wees. Hulle sal moet deelneem aan werkswinkels, sosiale en kampus besoeke deur die jaar asook volgende jaar wanneer hulle in matriek sal wees. Na die twee jaar sal die wat akademies baat gevind het by die projek ‘n volle beurs om verder te studeer ontvang.

Vanjaar se “Engeltjies” is Chandri Bekker, Lindi van der Walt, Jenica Conradie, Marelieze Harmse, Shamima Brett, Shiela Swart en die haan onder die henne, Malcolm Mulope.

Liezel Mostert

Nuwe Rachels Angels gekies by Academia

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant