Build It bou aan Academia Biblioteek

Build It bou aan Academia Biblioteek

Gansbaai Courant

Silvana Burger, eienaar van Build It in Gansbaai, het besluit om nie net boumateriaal vir wonings te voorsien nie, maar om ook ‘n bydrae tot die “bouwerk” aan Gansbaai Academia se biblioteek te lewer.

Sy het op Maandag, 3 Februarie 2014 ‘n tjek ten bedrae van R7,000 aan Carla Gouws en die skoolhoof, Tommy Wilson oorhandig. Daarmee saam is 100 handige “Build It” pennesakkies, gevul met relevante skryfgoed, asook etlike boeke vir die biblioteek oorhandig.

Vlnr is Carla Gouws, Silvana Burger (Build It) en Tommy Wilson tydens Buildit se ruimskootse bydrae aan Gansbaai Academia se biblioteek

“Ons is baie dankbaar vir hierdie groot gebaar en dit sal die biblioteek sonder twyfel ‘n goeie hupstoot gee,” het Carla gesê. Eddie Burger, wat Silvana vergesel het, het gesê ‘n deel van die fondse is aan Build It se jaarlikse gholfdag te danke. Hy het sy waardering teenoor daardie dag se gholfers uitgespreek. Die res van die fondse, asook die items, is deur Build It verskaf.

Tommy het ook sy waardering uitgespreek en weer eens Gansbaai Academia se afhanklikheid van plaaslike ondersteuning beklemtoon. Vir die skenking van boeke en/of donasies aan Gansbaai Academia se biblioteek, of die skool self, kan die skool by 028-384-2370 geskakel word.

Hardus Botha

Build It bou aan Academia Biblioteek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant