Laerskool Okkie Smuts Nuwe Skoolhoof

Laerskool Okkie Smuts Nuwe Skoolhoof

Gansbaai Courant

Laerskool Okkie Smuts in Stanford se nuwe skoolhoof, mnr Kobus Koekemoer

Vanaf 1 Januarie 2014 is mnr Kobus Koekemoer as hoof van Laerskool Okkie Smuts aangestel. Mnr Koekemoer is in Grootfontein, Namibië gebore.

Hy het in Namibië skoolgegaan tot die einde van sy standerd 7 jaar. Vanaf standerd 8 was hy in die koshuis op Porterville waar hy in 1987 matrikuleer. Mnr. Koekemoer ontvang ‘n beurs om onderwys aan die destydse Wellingtonse Onderwys Kollege te studeer. Hier behaal hy sy HOD in 1991 met Ligaaamlike Opvoeding en Geografie as hoofvakke.

Sy onderwysloopbaan begin in 1992 by die Hoërskool in Swakopmund, Namibië waar hy LO en Biologie onderrig. In 1993 meld hy aan vir diensplig in Oudtshoorn waar hy vorder tot opleidingsoffisier met die rang van Luitenant. Sedert Julie 1994 is mnr Koekemoer as onderwyser by Laerskool Gansbaai aangestel, waar hy in 1997 tot Departementshoof bevorder word. In Desember 1997 tree hy met Marlene (Thesner), ‘n onderwyserres by Laerskool Gansbaai, in die huwelik. Die egpaar het twee dogters, Marilu (15) en Mart-Mari (13).

In 2006 verruil mnr Koekemoer die onderwys vir die privaatsektor en bestuur ‘n maatskappy met ongeveer 2,000 kliënte en 50 werknemers. Hy glo dat hierdie bestuursondervinding hom ongelooflik baie gebaat het. In 2012 maak hy sy terugkeer na die onderwys en word as Adjunkhoof van Gansbaai Academia aangestel, waar hy Geografie van graad 10 tot graad 12 onderrig. Mnr Koekemoer het ‘n passie vir die onderwys en die ontwikkeling van kinders op akademiese- kulturele- en sportgebied.

Hy is tans besig om deeltyds onderwysbestuur aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer. Hy beskik oor ‘n IRB vlak 2 rugby afrigtingskwalifikasie en is ‘n gewalifiseerde skeidsregter. Volgens Mnr Koekemoer glo hy Laerskool Okkie Smuts beskik oor ongelooflike potensiaal. Volgens hom het die tyd aangebreek om dit te ontwikkel. Met ‘n uitstekende personeel en betrokke ouers kan Laerskool Okkie Smuts met die beste in die Wes-Kaap kompeteer. Hy sien die leuse “Excelsior” as ‘n aansporing om Laerskool Okkie Smuts tot  sy reg te laat kom. “Saam met die ouers en die kerke in ons omgewing kan die skool weer die kern van die gemeenskap vorm.”

Administrasie: Laerskool Okkie Smuts

Laerskool Okkie Smuts Nuwe Skoolhoof

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant