Poppe vir Transkei

Poppe vir Transkei

Gansbaai Courant

Die twee vlytige susters van De Kelders, Judy Naude (links) en Edith Keyter het weer eens ‘n aantal lappoppe (11) vir die NG Vrouediens se Uitreikaksie gemaak, hierdie keer met Transkei as bestemming

Judy Naude (75) en haar suster, Edith Keyter (71), altwee van De Kelders, is twee “ou” hande met die maak van pragtige lappoppe vir liefdadigheid. Onlangs het hulle weer 11 van die lappoppe vir die NG Vrouediens se Uitreikaksie gemaak.

“Hierdie poppe is bedoel vir die Transkei waar ds Christo Wooding die leraar is en sal, saam met ander items, aan kinders wat geen voorregte geniet, uitgedeel word,” sê Elcine Hulme van die Uitreikaksie.

“Dit is met groot dankbaarheid en waardering dat ons hierdie tipe van skenkings aanvaar en dit is nog ‘n groter vreugde om dit te versend na waar dit sonder twyfel waardeer sal word.” Judy en Edith sê hulle hou daarvan om die lappoppe te maak. “Dit is net die hare wat baie tydrowend is,” vertel Edith. Hulle werk sowat drie dae aan ‘n pop, maar dit is met al hulle huishoudelike verpligtinge tussendeur. Judy sê haar eggenoot, Sarel is baie geduldig wanneer sy haarself daarmee besig hou, maar Edith sê so dan en wan brom haar eggenoot, Fanie as sy te lank besig bly, maar darem nie te erg nie.

Die Uitreikaksie het al verskeie kere en oor etlike jare heen aan die gemeentes op die Makhathini-vlaktes besoek afgelê waar daar gewoonlik baie hard gewerk word aan die bou van kerke. ‘n Besending van Judy en Edith se poppe is al daar ook aan kinders uitgedeel. “Ons is altyd opreg dankbaar vir bydraes soos dié wat nou weer deur Judy en Edith gelewer is.

Soms word dit aan die evangelis, Bongenkosi (Bongi) Mthembu op die Makhathini-vlaktes in KwaZulu-Natal gestuur en soms aan ds Christo Wooding vir die gemeentes in die Transkei,” sê Elcine.

Belangstellendes om by liefdadigheid by enige van hierdie twee uiteenlopende gebiede betrokke te raak, kan vir Elcine by 028-388-0814 of 082-564-1959 skakel.

Hardus Botha

Poppe vir Transkei

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant