Besigheidsliga

Besigheidsliga

Gansbaai Courant

Die 2014 Gansbaai Besigheidsliga het op 4 Februarie begin.  Twintig spanne ding in 5 seksies op 'n rondomtalie formaat teen mekaar mee. 

Die wenners van elke seksie sal teen mekaar speel om die kampioen te bepaal en dié span sal dan weer teen die wenspanne van die ander besigheidsligas in die Boland uitspeel om die Boland kampioen te bepaal.  Verlede jaar was Omega van Gansbaai (Franskraal) die algehele wenner en kampioen.

Die eerste rondte het met groot geesdrif begin.  Die atmosfeer was gesellig en die rolbal wat gespeel is verbasend goed.  Kleurvolle T-hemde met interessante name daarop soos Mafokkies (wat dit ook al beteken!), Incredibowls en Rooi Rosies het bygedra tot die plesierigheid.

Die voorlopers in elke seksie na die eerste wedstryd is soos volg:

Seksie 1 – Great White Sharks (Mans) – 2+18

Seksie 2 – Academia – 2+13

Seksie 3 – L&S Motors – 2+5

Seksie 4 – Lumber City – 2+16

Seksie 5 – Great White Sharks (Dames) – 2+3

As ‘n mens sien hoe hierdie deelnemers die spel en mekaar geniet, dan besef jy watter wonderlike aktiwiteit rolbal is om mense bymekaar te bring.  Enigiemand wat belangstel kan gerus die moeite doen om te kom kyk op Dinsdae vanaf 18h00.   
Pieter Conradie

Besigheidsliga

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant