Waar staan ons nou

Waar staan ons nou

Gansbaai Courant

Op die oomblik is ons wat hengel betref, tussen die boom en die bas. Tyd vir ‘n rukkie stilstaan om te sien hoe die hengelmoontlikhede nou lyk of waarnatoe ons beweeg.

Kabeljou word nog gevang en resultate verskil nie vreeslik baie van dag tot dag nie. Die vraag is hoe lank gaan dit nog aanhou. Die manne met die amperbootjies het die botoon gevoer, al vanaf  November, verlede jaar. Binnekort egter, en ons praat van so einde Maartmaand af, sal hierdie manne moet kniebuig voor die ouens met die groter bote. Dit is wanneer die weer begin verander en die kabeljou na die dieper water begin padgee. Dis ‘n veilige voorspelling, want so gaan dit maar jaar na jaar.

Hoe lyk dit op die oomblik? Blykbaar is daar baie kriel te bespeur en wie weet nie dat dit ‘n ope uitnodiging is aan vis soos snoek onder andere nie? Die noordwester wat so tussenin gereeld gesig wys is ook gunstig vir geelbek, maar voldoen nie altyd aan die vereistes nie. Ek verstout myself om te meld dat, wat my betref, daar nie so baie kabeljou hierdie seisoen uitgebring is nie. Die ouens wat regtig goed gevaar het was juis die amperbootjie-brigade wat hierdie storie behoorlik onder die knie het en met goeie oordeel ingeklim het onder die vis. Ook die manne met die lang stokke het baie goed gevaar en dit het nie net by kabeljou gebly nie. Goeie vangste steenbras is gemaak en geelbek is ook aangekeer.

Wat opvallend is is die groot skole klein maasbankertjies en hardertjies wat nou oral opduik en ook groot dinge voorspel. Hoewel hierdie klein vissies goeie aas vir die groter weergawes is kan hulle nogal lastig raak as die groot en vet hotties wat nou aan die byt is begin ernstig raak. So tussen in laat hulle darem ook tyd vir ‘n ordentlike roman om in die boot te beland.

Struisbaai het hierdie jaar al menige boothengelaar gelukkig gemaak met die groot geelsterte wat daar gevang is, maar die afgelope Saterdag was nie een van daardie dae nie. Skielik was hulle skaars en baie min is gevang. Die hengelaars wat die toestande daar ken meen hierdie verslapping sal net tydelik gewees het en teen die tyd dat hierdie rubriek gelees word, gaan dit hopelik weer klopdisselboom!

So moet ons maar die kat uit die boom kyk en met die oog op die weer, neus op die grond en ore wyd oop, bly maar gereed.

Nou onlangs iets verneem wat vir meeste mense seker nuus sal wees. Wie besef dat Telkom verantwoordelik is vir die deursein van die “Mayday”-radiosein na die NSRI? Dit laat jou besef dat Telkom ook met reg in die ry kan staan wanneer komplimente uitgedeel word. So, van ons kant af, baie dankie!

Groete, Seemeeu

Waar staan ons nou

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant