VLV Kaapland se 85ste Feesjaar

VLV Kaapland se 85ste Feesjaar

Gansbaai Courant

Hermien van Zyl, president van Sirkel Overberg, koop een van die VLVKaapland-rose by Ludwig Taschner. Hierdie roos sal nou by alle kwekerye beskikbaar wees, en groei met ‘n bietjie ekstra sorg, welig in ‘n beskutte hoekie oral langs die kusstreke.

Gestig in 1929, vier die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland vanjaar hulle 85ste bestaansjaar. Hierdie feesjaar is onlangs met ‘n spogtee by die Eensgezind-onthaalvenue buite Durbanville, ingelui. Meer as 300 VLV-vroue van takke sover as Upington, Kimberley, Port Elizabeth en Calvinia het opgedaag vir ‘n heerlike oggend van saamkuier en om getuie te wees van ‘n baie belangrike gebeurtenis vir hulle vereniging.

In opdrag van mev Erika Lubbe, president van VLVK, het Ludwig Taschner, wêreldbekende rooskweker, ‘n besondere roos gekweek om hierdie mylpaal van VLVK te gedenk. Tydens die spogtee is die roos bekendgestel en amptelik vernoem as die VLVKaapland-roos. Sjampanje het gevloei en foto’s is geneem om hierdie oomblik vir die nageslag te verewig. Daarna het die VLV ‘n eretoekenning aan Ludwig Taschner oorhandig vir die baanbrekerswerk wat hy op die gebied van rooskweking en –ontwikkeling gedoen het. Me Mariana Rabie, Bemarkingsbestuurder van Agri Expo, het ‘n heildronk op die VLV ingestel en die gaste kon verder luister na die vrolike sangnommers van Andriëtte Norman, bekende Kaapse vermaaklikheidster. Uit die Overberg het meer as 30 VLV-lede van sover as Bredasdorp en Gansbaai die geleentheid bygewoon. Besondere proteas en ander fynbos van die Overberg was prominent in die pragtige massarangskikkings en ‘n Dam Good Rosè van Villiersdorp Kelder, die kleur van die pragtige nuwe roos, in die geskenkpak vir Ludwig Taschner.

Hier klink Rienie Ludick, voorsitter van die Gansbaai-tak en Annatjie Liebenberg, tak- en sirkeltesourier, ‘n glasie op VLVK.

Mariana Rabie (links) en Erika Lubbe, VLVK-president, drink ‘n heildronk op die VLVKaapland-roos, voor hulle, wat pas amptelik bekendgestel is.

VLV Kaapland se 85ste Feesjaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant