Ernstige waarskuwing

Ernstige waarskuwing

Gansbaai Courant

 “As dit dan jou houding is terwyl ek jou wil help, sal ek jou wys wat ek kan doen!”…en die volgende oomblik is die rekenaar leeg. ‘n Anonieme leser vertel dat sy een van daardie “kul-oproepe” ontvang het waartydens sy deur ‘n man met ‘n vreemde aksent meegedeel is dat hy namens Microsoft skakel. “Ons het dit opgetel dat daar ‘hackers’ op jou rekenaar ingegaan het en wil jou help om daarvan ontslae te raak,” het die man gesê en onder andere na 86 “hackers” vanuit China verwys. “Hy het gesê dit sal my R349.00 kos om die rekenaar reg te kry,” het die leser gesê. Die man het haar bykans ‘n volle uur oor die telefoon met verskeie vrae besig gehou om “die probleem op te los”. Toe hy haar egter om haar bankbesonderhede vra, het sy geweier om dit te verskaf, waarna hy kwaad geword het en op haar begin skreeu het. Daarna het die opmerking gevolg dat hy haar sal wys wat hy kan doen, die foon neergesit en haar rekenaar was leeg. Sy het haar rekenaar na Hein van Wyk van Overtek Computers geneem. Hein het haar meegedeel dat die persoon ‘n onbekende wagwoord daarop geskep het, maar dat hy sy bes sal probeer om te red wat ookal te redde mag wees.

“Hierdie tegniek is oorsee al baie lankal aan die gang, maar dit begin nou om in Suid-Afrika toe te neem,” sê Hein. Hy sê die eerste oproep is gewoonlik van ‘n dame wat sê Microsoft het probleme op die rekenaar opgetel. Sy skakel dan die oproep deur na hulle “tegniese afdeling” waar die “tegnikus”, meesal met ‘n Indiese-aksent, behulpsaam sal wees. “Hierdie mense gee gewoonlik te kenne dat hulle óf vir Microsoft werk, óf dat hulle op ‘n kontrakbasis vir Microsoft werk,” sê Hein. “Nadat die oproeper voldoende inligting oor die rekenaar het, vra hy gewoonlik of hulle die fout kan herstel en vra dan vir bankbesonderhede.” Indien dit geweier word, sal die persoon soms sê hy weet watter bank gebruik word, wat vanselfsprekend kommer laat ontstaan. Dit is ook wat met die anonieme leser gebeur het en sy het haar bank dadelik gekontak. “Die dame het gemeld dat hulle gereeld sulke bekommerde oproepe kry oor soortgelyke gevalle waar die rekeninghouers dan wil weet of alles nog reg is,” het sy gesê. Hein het bevestig dat Microsoft óf aangestelde kontrakteurs van hulle, nooit oproepe na kliënte sal maak nie en dat geen vrae beantwoord moet word nie en die foon summier afgesit moet word.

Hardus Botha

Ernstige waarskuwing

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant