Kaalkop en Kleurvol vir Kansa

Kaalkop en Kleurvol vir Kansa

Gansbaai Courant

Gansbaai Superspar se eienaars, Morkel (links) en De Wet van Niekerk, wat ‘n goeie voorbeeld tydens ‘n vorige Kansa Shavathon gestel het. (Argieffoto: Gansbaai Courant)

“Gaan Kaalkop en Kleurvol om Kansa te help,” lui Maryke Malone, Kansa se Gemeenskapsmobiliseerder en Fondsontwikkeling se boodskap aan Gansbaaiers.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) vier vanjaar 83 jaar van diens en is steeds volstoom aan die gang. Alles is gerat vir die 11de jaarlikse Shavathon, wat op 1 Maart in meer as 200 winkelsentra landwyd gaan plaasvind. Om jou hare te verloor is ‘n algemene newe-effek van kankerterapie, daarom is die skeer van hare ‘n simboliese gebaar van ondersteuning aan kankeroorwinnaars. Om jou hare te kleurspuit is ‘n alternatiewe opsie. Jy kan so enige iemand wat ooit deur kanker geraak is, ondersteun. Die koste beloop R50 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 12 jaar. Die Shavathon word eerskomende Saterdag by Gansbaai Superspar vanaf 9:00 - 14:00 aangebied.

“Ons sien uit na die Gansbaai-gemeenskap se ruimhartige deelname, in kleur en styl,” sê Maryke. Sy kan by 028-316-3678 gekontak word, of besoek die webtuiste http://www.shavathon.org.za/faq/.

Hardus Botha

Kaalkop en Kleurvol vir Kansa

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant