In Memoriam Coenraad Hendrik Lourens Boet Mouton

In Memoriam Coenraad Hendrik Lourens Boet Mouton

Gansbaai Courant

Die allemansvriend en mens, mens  Boet Mouton (71) van Normandiestraat, De Kelders, is verlede Woensdagaand oorlede. Sy regterbeen is weens suikersiekte 40 dae vroeër, as gevolg van gangreen, geamputeer. Die wond het goed genees maar hy het steeds agteruit gegaan.

Boet het by Paul Roos Gimnasium gematrikuleer en sy BA-graad in onder andere liggaamsopvoeding (LO) by US verwerf. Daarna het hy eers 'n onderwyspos by Hoërskool Voortrekker aanvaar maar later oorgeskuif na die Departement van Sport en Ontspanning. Hier het hy ook waardevolle werk gedoen totdat hy hom by die Nasionale Intelligensie Diens aangesluit het en in 1994 as Streeks Direkteur van Kaapland uitgetree het.

Hierdie werk het hom genoop om baie te reis en gereeld vir tye van die huis af weg te wees. Sy vrou, Roswitha, met wie hy vir 45 jaar getroud was, het dan die fort moes hou met hul twee kinders, Erna (Els) en Coenraad (Boetie). Erna het twee seuns, Jacques (17) en Werner (7), terwyl Coenraad se dogtertjie, Stella-Rose, 2 jaar oud is.

Erna woon in Hermanus en Coenraad werk by die Microsoft Hoofkantoor in Seattle (VSA). Boet was 'n gesinsman, 'n goeie pa, oupa en eggenoot. Hy het gehou van sport en het self gereeld fietsgery en oral langs die pad geselsies aangeknoop. Boet se roudiens is Vrydag om 15:00 by NG Kerk Gansbaai.

Francois de Jongh

In Memoriam Coenraad Hendrik Lourens Boet Mouton

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant