Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Tertia Horak, Andries Laubscher (Gansbaai), Marina Fourie en Francis Pretorius
Gansbaai se Andries Laubscher, ‘n plaaslike en baie bekende sanger tydens verskeie feeste, onder andere die jaarlikse Fees van die Ganse, is finaal gekeur om vanjaar aan die gewilde TV-reeks, Noot vir Noot, deel te neem. Die nuwe reeks van Noot vir Noot (Reeks 39) begin op Vrydag, 7 Maart 2014 op SABC2.
Andries is vir Program 16 geskeduleer wat op 20 Junie vanjaar gebeeldsend sal word. Hy gaan die enigste doring onder die rose wees, met sy drie dames-teenstaanders as Francis Pretorius, Tertia Horak en Marina Fourie. “Die opname het op Donderdag, 20 Junie verlede jaar plaasgevind en dit was ‘n baie interessante, stresvolle, maar lekker ondervinding vir my gewees,” vertel Andries.
“Ongelukkig mag ek nie die uitslag daarvan bekend maak nie..daarvoor sal maar vir die uitsending gewag moet word.” Alle sterkte word Andries toegewens en Gansbaai Courant vertrou dat Gansbaaiers nie Program 16 van Noot vir Noot op 20 Junie vanjaar sal misloop nie.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...