Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Links ontvang Adj-Off George Hayes die sleutel vir Gansbaai SAPD se speurders se nuwe kantore van Ricky Botha van M-Projects
Gansbaai SAPD se speurtak worstel baie lankal reeds met beperkte ruimte in hulle voormalige tydelike kantore. Sp-Kapt Danie Rautenbach, waarnemende Stasiebevelvoerder, het by SAPD se Nasionale Hoofkantoor aansoek gedoen vir die aanbring van nuwe en meer doeltreffende kantore vir die speurders.
Die aansoek is goedgekeur, die kantore is afgelewer en gefinaliseer. Ricky Botha van M-Projects het onlangs die sleutels amptelik aan Adj-Off George Hayes oorhanding.
AO Hayes het die tradisionele lint geknip, met Sp-Kapt Rautenbach en mnr Monty Mangiagalli, voorsitter van Gansbaai Gemeenskapspolisiëringsforum, wat bygestaan het. “Ons is dankbaar vir die nuwe en ruim kantore en sal eersdaags die partisies oprig om volwaardige kantore te kan geniet en benut,” het AO Hayes gesê.
Hardus Botha
Vlnr is Spr-Kapt Danie Rautenbach, Adj-Off George Hayes en mnr Monty Mangiagalli, tydens die lintknip-seremonie
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...