Bejaardes geniet Parlementsete

Bejaardes geniet Parlementsete

Gansbaai Courant

Senior burgers van Masakhane, Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Gansbaai Seniorklub, Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum is onlangs vir ‘n “parlementsete” te Silwerjare Dienssentrum genooi. Welliswaar nie by die Parlement nie, maar die tee en verversings is deur die Lid van die Provinsiale Parlement (LPP), mnr Mike Walters, namens die Wes-Kaapse Provinsiale Regering geborg.

Rdl Moira Opperman, met Angela Caie van Gansbaai Seniorklub het die nodige reëlings getref en hulle is deur Sherie Jansen en Rigardo Plaatjies bygestaan. Rdl Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, het as gasspreker opgetree.

Vlnr regs om die tafel is mnr Mike Walters (LPP), rdl Nicolette Botha-Guthrie, John van Rooyen, Suster Linda Meyer en Ans en rdh Pieter Scholtz. Agter vlnr is Angela Caie, rdl Moira Opperman, Sherie Jansen, Jacoba Europa en Rigardo Plaatjies

“Ons is gelukkig in die Overstrand dat ons ‘n stabiele Raad het en dat ek goeie toegang tot die Wes-Kaapse Regering het, sowel as die Nasionale Regering, veral met die bystand van ons verteenwoordiger, Mike Walters.” Rdl Botha-Guthrie het aan die bejaardes verduidelik wat die Wes-Kaapse Regering alles in die Overstrandgebied oor die afgelope 5 jaar spandeer het:

Masakhane Primary School se nuwe skool (R32m); Gansbaai Primêr se nuwe skoolsaal (R4m); Opgradering van Gansbaai Kliniek (R11m); Voltooiing van die pad tussen Gansbaai en Bredasdorp (R277m); Uitbreiding van Hermanus Hospitaal (R58m); Nuwe kliniek in Zwelihle (R38m); Verdubbeling van die pad tussen Sandbaai en Gateway (R72m); Opgradering van die pad tussen Sandbaai en Caledon (R300m); Nuwe laerskool in Hawston (R34M); Behuisingsprojekte (R43m), met die totaal wat op R869m te staan kom.

“Tot op hede is ‘n bedrag van sowat R500m spandeer, aangesien sommige van die projekte nog nie voltooi is nie. “As dit nie ‘n bewys is van goeie regering en omgee vir die inwoners van Overstrand nie, weet ek nie wat is nie! Goeie regering en goeie samewerking beteken sukses!”, het sy gesê. Mnr  Walters onder andere die werksaamhede van die Provinsiale Regering verduidelik, asook stemreg op grond van die Suid-Afrikaanse Grondwet en dat elke bejaarde se stem net so belangrik is as die van enige ander landsburger,” het hy beklemtoon.

Daarna het Margi Muller en haar span Lyndansers, Anita Botha, Derrick Jerrard en Stella Swart vir lyndansgenot gesorg, terwyl Margi en Anita se Masakhane-leerders ook hul staal op hierdie gebied gewys het. Die verversings is terdeë geniet en die bejaardes het gesellig saamgekuier en kon ook rustig met die eregaste kommunikeer. Rdh Pieter Scholtz het die bedankings waargeneem.

Hardus Botha

Bejaardes geniet Parlementsete

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant