Enorme pampoen vir BBos Basaar

Enorme pampoen vir BBos Basaar

Gansbaai Courant

Die enorme “Herbert Squash” van Lu-Allen Pieterse van B’Bos

Dit is weer basaartyd op Baardskeerdersbos en “kom net effens laat, dan is dit neusie verby met vele items!” Hierdie jaarlikse en gewilde basaar van B’Bos se NG-gemeente is eerskomende Saterdag, 8 Maart en begin 09:00 die oggend. Dit vind plaas by die NG Kerk Baardskeerdersbos en vele tradisionele boeremark-produkte en veel meer sal beskikbaar wees. Daan Fourie van Baardskeerdersbos vertel van Lu-Allen Pieterse wat ‘n enorme “Herbert Squash” aan die basaar geskenk het. “Lu-Allen was voorheen ernstig by die gebruik van dagga en tik betrokke,” vertel Daan.

“Na ‘n oordosis van dwelms, wat hom bykans sy lewe gekos het, is hy in Caledon opgeneem, waar hy volkome herstel het.” Daan het vir hom spasie vir ‘n groentetuin aangebied, waar Lu-Allen sedertdien hard besig is daarmee. Die “Herbert Squash” is een van die eerste pitte wat hy geplant het en hy het besluit om dit aan die B’Bos Basaar te skenk. Die enorme pampoen is 1,430cm in omtrek en weeg ‘n volle 30kg.

Hardus Botha

Enorme pampoen vir BBos Basaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant