Overberg Kushengelklub

Overberg Kushengelklub

Gansbaai Courant

Vlnr: Wynand Viljoen, Behan de Kock, Gerrie vd Merwe, Johan Lesch en Oubaas Lesch

SATERDAG, 1 MAART 2014

Die sterk winde van die voorafgaande dae het nie gedui op ‘n perfekte hengeldag nie, maar goeie (eerder toegewyde) visser-manne moet jy egter nie onderskat nie en ‘n paar mooi visse is ingeweeg.

Die eerste dag van die galjoenseisoen het ook menige hengelaar vol verwagting seewaarts laat draai, maar die water was blykbaar te rof en redelik koud (volgens die manne wat weet).  Gerrie van der Merwe het egter ‘n pragtige galjoen ingeweeg, die 2de swaarste vis van die dag. Die spogvis van die dag – ‘n mosselkraker van 3.92kg – was gevang deur die jongeheer Johan Lesch. Hy was dan ook die wenner van die swaarste vis en swaarste sak.

‘n Kompetisiedag sonder borge kan egter nie gehou word nie.  Die borge van Saterdag se kompetisie, asook ander gereelde borge, word dan ook weer eens bedank vir hul bydraes, nl: Boland Sports (Gansbaai Sport and Tackle), Gerrie van der Merwe, Fynbos Shoppe, Fish Fewer.

Net weer so ‘n kort profiel oor die Klub, veral vir nuwe intrekkers en diegene wat belangstel om by ‘n gemaklike, sosiale klub aan te sluit.  Die klub is in sy derde bestaansjaar en gestig omrede die behoefte onder Gansbaai-omgewing se hengelaars ontstaan het vir ‘n klub in eie geledere.  Kompetisies is maandeliks op ‘n Saterdag, met inweeg en gewoonlik ‘n gesellige samekuier daarna by die Overberg Bootklub (hou die maandkalender in Gansbaai Courant dop vir inligting). 

Die klub het uitmuntende hengelaars wat met die bestes in die land kan meeding, maar baie van ons het darem al stokke en gerei – die vis kort nog! As jy egter nie ‘n lyn in die water het nie, kan jy nie visvang nie is die gesegde.  Ons leer egter baie by die manne wat gereeld vis inweeg, maar die gesellige saamkuier maak op vir die gebrek aan eie vis.

‘n Hoogtepunt vir die klublede verlede jaar was die kompetisienaweek op Stilbaai, waar hul lede ons omtrent onthaal het. Die groot hengelkompetisie op 26 Desember, gereël deur die Klub, was ook ‘n reuse sukses wat jaarliks herhaal gaan word. ‘n Totaal van ongeveer 200 hengelaars het hieraan deelgeneem, en is ‘n heerlike doending vir al die besoekers aan ons mooie omgewing.

Enige navrae kan aan Leibrandt van Niekerk by 082 487 3106 gerig word. Hengelgroete,

Elba Tredoux

Overberg Kushengelklub

Elba Tredoux

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant