Tennisnuus

Tennisnuus

Gansbaai Courant

Die Gemengde Liga vir 2014 staan nou einde se kant toe. Gansbaai het vanjaar in die 2de liga ingeskryf en het teen Montagu, Napier, Robertson en Worcester gespeel. Ongelukkig het Bonnievale al vroeg in die liga onttrek weens 'n tekort aan spelers. Die meeste van die spanne het maar gesukkel om weekliks die span vol te kry vir elke wedstryd. 

Baie dankie aan die volgende spelers wat beskikbaar was die seisoen: Emeke Stieger, Alta v Niekerk, Lyn Bouchier, Lisel Joubert, Marina Snyders (nou ook 'n lid van ons klub - welkom aan jou!), Graham Stieger, Leandro Lodewyk, Daniël Geldenhuys, Gerhard Germishuys, Deon Gresse, Delbert Grebe en Abe Abrahams.

Ons het eerste teen Montagu gespeel en gewen met 6 - 2 (12 - 4). Daarna klop ons vir Napier met een stel 4 - 4 (9 - 8). Ongelukkig verloor ons 7 - 1 (14 - 3) teen Robertson. Die afgelope Saterdag het ons op Worcester gaan speel en na 'n paar lang, taai wedstryde daar, gewen  met 5 - 3 ( 11 - 8).

Die finale word Saterdag 15 Maart op Robertson gespeel. Tans is ons span in die tweede plek wat moontlik deurgaan na die finaal, maar Montagu wat derde lê, moet nog 'n wedstryd voltooi.

Ons speel Woensdagoggende by die munisipale bane vanaf 09:00 en Saterdae by die skool se bane vanaf 14:00. Almal is welkom om by ons aan te sluit vir 'n potjie tennis.

Tennis groete.  
Daniël 072 117 3473

Tennisnuus

Daniel

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant