Reeksinbreker vas

Reeksinbreker vas

Gansbaai Courant

'n Mensejag om 'n berugte gewoonte-inbreker vas te trek, is Woensdagmiddag in Blompark ontketen.
Rodney Adendorf (regs), wat in Desember op parool vrygelaat is, het na bewering weer vanaf Januarie tot 'n vlaag van inbrake oorgegaan.
Volgens Speur Sers Leon Crafford word Adendorf reeds met 10 huisbrake in die Kleinbaai en Blompark woonbuurte verbind.
Die Departement van Korrektiewe Dienste het ook 'n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik omdat hy nie sy paroolvoorwaardes nagekom het nie.
Die polisie het verlede Woensdagoggend inligting van die publiek ontvang dat Adendorf in Blompark opgemerk is. 'n Groot aantal polisiebeamptes is dadelik in die gebied ontplooi waarna hulle hom deur die woonbuurt oor heinings en erwe gejaag het. 
"Inwoners se hulp was van groot waarde want hulle het deurgaans sy vlugroete aan die polisie uitgewys," het Spr Kapt Danie Rautenbach gesê. Adendorf is om 13:00 aangekeer en gearresteer. Daar is gesteelde eiendom in sy besit gevind wat verbind is met inbrake in Kleinbaai en Blompark.
Hy is ook aangekla vir besit van 'n gevaarlike wapen ('n lang mes), dagga en huisbraak implemente.
Die verdagte het verlede Vrydag in die Landdroshof in Hermanus verskyn en bly in aanhouding.
Die saak word verder ondersoek.
Francois de Jongh

Reeksinbreker vas

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant