Buffeljachts vissers vrygewig

Buffeljachts vissers vrygewig

Gansbaai Courant

Die opgewonde leerders van Gansbaai Primêr nadat hulle hul sweetpakke ontvang het, met Sara Niemand regs en Carmen Hans links

“Die Buffeljachts Kleinskaalse Vissers het goedkeuring vir 8,693 ton kreef van die Departement ontvang as deel van ‘n tussentydse verligtingstelsel,” vertel Sara Niemand van Buffeljachts.

“Die maatskappy wat die kreef verwerk het, is Two Oceans wat nou ‘n skenking van R7,000 gemaak het wat vir skoolleerders aangewend moet word.” Sara sê daar is hoofsaaklik skoolklere en skryfbenodigdhede met die beskikbare fondse aangekoop. Op Maandag, 3 Maart het sy Gansbaai Academia, Laerskool Gansbaai en Gansbaai Primêr met die welkome skenkings besoek en dit oorhandig. Gansbaai Courant was teenwoordig tydens die oorhandiging van sweetpakke aan Gansbaai Primêr, waar Carmen Hans dit saam met die betrokke leerders in ontvangs geneem het. “Baie dankie aan ons Skippers, Bennie de Wet, Daniel Niemand, Andy Leibrandt en hulle bemanningslede wat so mooi saamgewerk het om die kreef te trek,” sê Sara. “Wanneer die winter kom, sal ons weer aan die tyd dink toe dit so goed met ons in die kreefseisoen gegaan het.” Sara kan vir navrae by 082-723-8804 gekontak word.

Hardus Botha

Buffeljachts vissers vrygewig

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant