Gansbaai Gholfnuus

Gansbaai Gholfnuus

Gansbaai Courant

WOENSDAG 5 MAART 2014

Die Sloegters kompetisie is weer eens baie goed ondersteun. Dankie golfspelers!!!

1. R. Roux                             42

2. J. Cesare                          42

3. L. Hattingh                        40

4.  P. Dippenaar                    39

5. S. Wessels                       38

6. J. Thompson                     38

Naaste aan die penne: Bev Swart op beide   2 &11  en  8 & 17 en J. Nell op 15. Die eerste Woensdag van elke maand word deur Hermanus Bottelstoor geborg. Baie dankie Christo vir jou deel om ons klub by te staan. 

VRYDAG HOENDERKOMPETISIE  7 MAART

Dit lyk of Leon Hattingh se gholf nou weer kookwater is. Hy wen met 22 punte. Solly Wessels 19 was tweede en drie persone met 17 punte het gevolg naamlik Johannes van der walt, Daniel van der Merwe en Jakkie Beukes. Naaste aan die pen op 8 was Daniel van der Merwe. 

SATERDAG 8 MAART

Die reën het baie van die spelers gekortwiek maar vier van die manne het vasgebyt en klaargemaak. Steve Muller het die beste gevaar met 0, terwyl Rupert Roux en Christo Spanellis met -4 en Malcolm Bury met -6 die kompetisie voltooi het. Naaste aan die pen op 2 & 11  Christo  Spanellis. 

Die eerste Steak-aand het baie goed afgeloop soos almal nou alreeds weet en die klub wil dit 'n gereelde byeenkoms maak. Dit sal heel moontlik die laaste Vrydag van elke maand wees.

DIE VOLGENDE STEAKAAND VIND PLAAS OP 5 APRIL.

MENSE BEL DIE KLUB, BESPREEK JULLE PLEK , BETAAL JOU R50 EN SIEDAAR!  KOM GENIET 'N BAIE GENOTVOLLE AAND SAAM MET ONS.

GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441                              
Fax: 028 384 1225
E-mail: gbgholf@gmail.com

Gansbaai Gholfnuus

Jannie Brandt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant