Drie Dogters van Gansbaai in Boland Atletiekspan

Drie Dogters van Gansbaai in Boland Atletiekspan

Gansbaai Courant

Vlnr: Jaiden Dickson, Zulene van Niekerk en Marilu Koekemoer.

Drie oud-leerlinge van Laerskool Gansbaai is ingesluit in die Hoërskool Boland-atletiekspan wat eerskomende Saterdag in Oudtshoorn aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe gaan deelneem.  Hulle gaan meeding teen die spanne van WP en SWD.

Hulle is Jaiden Dickson (DO/14 Spiesgooi), Zulene van Niekerk (DO/14 300m hekkies) en Marilu Koekemoer (DO/15 3000m). Jaiden en Zulene is in Hoërskool Hermanus, terwyl Marilu in Hoërskool Bredasdorp is. Jaiden sowel as Zulene het brons en Marilu het goud tydens die Bolandkampioenskappe ontvang in hulle afsonderlike items.

Wat hierdie prestasie so uitsonderlik maak, is dat daar slegs 10 dogters uit al die skole van die Suid-Bolaned in hierdie span opgeneem is en 3 van hulle is oud leerders van Laerskool Gansbaai.  Ons is met reg trots op hierdie drie dogters wat nog steeds Gansbaai se naam hoog hou en ons hou styf duimvas dat dit Vrydag en Saterdag in Oudtshoorn met elkeen goed sal gaan.

Drie Dogters van Gansbaai in Boland Atletiekspan

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant