Tweede getypoel aanval

Tweede getypoel aanval

Gansbaai Courant

'n Minderjarige meisie is Saterdagoggend om 09:00 deur twee mans naby Gansbaai se getypoel oorval en aangerand.
Sy het tydens die voorval op die grondpaadjie fiets gery. Daar het skielik 'n hand voor haar gesig verskyn en sy is van haar fiets afgeruk en teen die grond gegooi.
Die aanvaller het haar gesig toegedruk gehou. Sy het gehoor hoe hy en nog 'n man in 'n ander taal met mekaar praat. Een van hulle het haar gevra om haar selfoon vir hom te gee. Sy het dit styf in haar hand vasgehou en begin gil. Volgens die polisie se kommunikasiebeampte, Adj Off CW le Roux, het sy gevoel dat haar been lam word nadat die aanvaller haar met 'n bottelkop gesteek het. Een van die twee swart mans het toe na bewering vir haar gesê: "See you again," en op die vlug geslaan. Sy het mediese behandeling by 'n plaaslike dokter ontvang.
Die publiek word versoek om waaksaam in daardie gebied te wees, aangesien dit die tweede aanval daar was.  Enige verdagte wat doelloos daar rondloop moet aan die polisie gerapporteer word. Enige persoon met inligting oor Saterdag se voorval word versoek om Adj Off G Hayes by Gansbaai Speurtak by 028 384 0201 te skakel.
Francois de Jongh

Tweede getypoel aanval

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant