Sleep vlerk met STANFORD by sy FLAIR FOR A FAIR

Sleep vlerk met STANFORD by sy FLAIR FOR A FAIR

Gansbaai Courant

Die langnaweek 21 – 23 Maart gaan die Overbergse dorpie Stanford stadsjapies behoorlik wys hoe ‘n plattelandse dorp kan feesvier met ‘n kombinasie van toeka en vandag se pret en plesier by die STANFORD VILLAGE FAIR.

Die naweek skop Donderdagaand af met ‘n Jazz Soiree by een van Stanford se nuutste eetplekke, Don Gelato (‘n regte egte Italiaanse gelato-winkel met eienaars wat pas uit Venisië geëmigreer het).  Dit is ‘n ontspanne swing jazz-program uitgevoer deur Stanford se hoogs-begaafde plaaslike sangers, ‘n ongelooflike saksofoonspeler en klawerbord. Vir diegene wat dit nie Donderdag kan bywoon nie, is daar gelukkig nog ‘n kans om Vrydagaand hierdie moenie-misloop-nie geleent-heid by te woon. Vrydagoggend bied Coffee Corner vanaf 09:00 ‘n gesellige sjampanje-ontbyt aan om feesgangers in die regte luim te kry. Die res van die dag behoort aan die visuele kunste met ‘n interessante “geluidlose” veiling.  Ongetekende werke van plaaslike kunstenaars sal vanaf 10:00 by The Stanford Table besigtig kan word en alle werke dra ‘n minimuprys van R500.  Belangstellende kopers kry ‘n plakker wat hulle op daardie kunswerk kan plak wat hulle graag wil koop, en kan terselfdertyd ‘n hoër aanbod in die meegaande koevert sit, veral indien daar meer as een plakker op dieselfde kunswerk is.  Na die amptelike opening van Stanford se Kunsroete om 18:00 sal elke skildery aan die hoogste bieër toegeslaan en deur die kunstenaar geteken word.  Diegene wat die kunstenaars beter wil leer ken kan Saterdag deur Stanford se historiese strate wandel en met die kunstenaars aan’t huis kennis maak (en sommer koekeloer na die voëlverskrikkers wat vir die hele maand in Stanford se tuine die verbygangers gaan beloer!).

Saterdag se feestelikhede vind plaas op Stanford se markplein, ‘n geproklameerde erfenisterrein a.g.v. sy onontwikkelde status. Stanford is bekend vir sy uitstaande kosstalletjies, en saam met die wyn- en bierproestalletjies sal niemand honger of dors hoef te gaan slap nie!  Vir die fikses sal daar ‘n pretdraf wees, terwyl kinders vermaak sal word met outydse boeresportspelletjies, ‘n hondevertoning en nog vele meer.

Die klassieke motorskou in die middag sal menige man en vrou laat wonder of hulle nie lank terug met verkeerde motor-entoesias vlerk gesleep het nie... dalk was daardie rooi MG joune en nie iemand anders s’n nie!

Om die aand af te sluit gaan die bekende Kaapse orkes Late Final letterlik die voete laat juk en die heupe laat swaai.  Alhoewel die lede van die orkes nie meer vandag se kinders is nie, is hulle repertoire gewild onder jonk en oud.  Beslis ‘n groep wat die fees op ‘n hoë noot gaan laat eindig.  En dan is daar natuurlik nog altyd Stanford se unieke winkeltjies waar mens ure lank kan rondsnuffel....

Vir Kaartjies & Inligting kontak: ask@stanfordinfo.co.za

www.stanfrodtourism.co.za

www.facebook.com/stanfrodtourism

Sleep vlerk met STANFORD by sy FLAIR FOR A FAIR

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant