Nood vir Katte

Nood vir Katte

Gansbaai Courant

“Ek en vriendin, Wendy Young wat hier op vakansie was, het ‘n baie groot projek aangepak - insameling van fondse vir die sterilisasie van katte,” sê Marie Botha van Uilenkraalsmond Vakansieoord. Sy is ‘n groot diereliefbebber en sien al vir die afgelope 5 jaar om na die wilde en rondloper katte in die oord. Sy voed hulle gereeld en sien selfs om na wyfies met kleintjies, “want ons het die katte nodig in die oord vir die vang van muise en dies meer.” Sy sê die katte het intussen hopeloos te veel geraak en hulle het met ‘n fondsinsamelingsprojek begin om die katte te laat steriliseer, maar ook vir ‘n voedingskema. Hulle eerste mikpunt is reeds bereik met die sterilisasie van 20 katte in Februarie vanjaar. “Ons het donasies selfs van so ver as Nebreska en Amerika ontvang en ons fondse staan op R22,200,” sê Marie.

“Ons vra nie net geld nie, maar ook ander vorme van hulp en het groot hulp vanaf dierebeskermingsverenigings in die Kaap en Hermanus ontvang.” Nou wag daar nog sowat 250 katte wat gesteriliseer moet word. Marie sê die Animal Rescue Organisation in die Kaap is bereid om met hul mobiele voertuig vanaf 7 tot 11 April (voorlopig) na Uilenkraal te kom en hulle steriliseer die katte teen R250 per kat. Hulle beskik ook reeds oor 20 vanghokke vir die katte en wil met ‘n voedingskema die katte gewoond maak aan die omgewing waar die hokke geplaas gaan word.

“Behalwe vir finansiële bydraes, benodig ons ook bereidwilligers om met middag- en aandetes vir die 5 tot 10 persone wat vir die tydperk daar gaan wees, te help,” sê sy. Hulle benodig ook fondse vir mediese behoeftes. Marie het ‘n volledige skrywe met motiveringe opgestel wat op aanvraag beskikbaar. “Hierdie is werklik ‘n noodsaaklike projek en as soveel mense van heinde en verre al tot die projek bygedra het, glo ons dat Gansbaaiers ook van hulle sal laat hoor,” sê sy.

Bankbesonderhede vir bydraes is:
Capitec Bank; Takkode - 470010;
Naam en nommer van rekening - Frans Ferals, 137 331 2554.

Marie Botha kan by 082-801-8014 of 028-384-0406 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by bookings@whalewatchsa.com. 

Hardus Botha

Nood vir Katte

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant